
Geen pyn te erg en geen wond te diep nie
- Leef nuut
- Suné–Chari Sutton
Jy is dalk gebroke, maar waaraan jy kan vashou, is dat jy nooit op ’n punt is waar jy nie herstel kan word nie. Jy kan nuut begin, dinge kan beter word as wat jy ooit kon droom. SUNÉ–CHARI SUTTON, bedieningsleier by Doxa Deo, deel hierdie hoop by die Vroue wat Glo–retreat.
Terwyl ’n krisis besig is om te gebeur, beleef jy skok en het jy baie vrae. Eendag, wanneer jy terugkyk na hierdie tyd, sal jy egter die mooi raaksien en hoe jou geloof jou gedra het.
Die storie van jou seerkry is deel van die unieke lewenspad wat jy stap. Jou verlies en teleurstelling verbind jou aan ander mense wat ook pyn het. Maar jou storie kan ook getuig van heel word en hoop gee vir ander.
Gesond en heel word is áltyd moontlik
Verskillende mense beleef verskillende soorte swaarkry. Saam met die woordjie “seer” loop woorde soos “verraad”, “onreg”, “hopeloosheid”, “depressie”, “siekte” en nog baie meer.
Baie mense steek hulle wonde weg. Dis deel van ons kultuur om altyd te sê: “Dit gaan goed, dankie.” Ons glo ons ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Moenie dat vrees jou blydskap steel nie. Skrywer en predikant LIESEL KRAUSE-WIID het vrouens tydens die Vroue wat glo funksie aangemoedig om God te vertrou. ...
Vrede is nie afhanklik van voorspoed of sukses nie. SUSAN COETZER het tydens die Vroue wat glo-retreat vertel geluk is moontlik te midde van uitdagings. ...