Weet dat God by jou is

Weet dat God by jou is 

Moenie dat vrees jou blydskap steel nie. Skrywer en predikant LIESEL KRAUSE-WIID het vrouens tydens die Vroue wat glo funksie aangemoedig om God te vertrou. 

Stilte gee geskenke van vreugde en vrede 

As vrees jou beetpak, as vrees jou vreugde steel, vat dit na die Here toe. Bid daaroor. Doen dit waaroor jy beheer het, en dan haal jy asem. Weet dat God by jou is.

Jy hoef nie jou beste te vertrou nie, jy vertrou God. Hy is in beheer. Hy hou my toekoms in sy ...

Moenie dat vrees jou blydskap steel nie. Skrywer en predikant LIESEL KRAUSE-WIID het vrouens tydens die Vroue wat glo funksie aangemoedig om God te vertrou. 

Stilte gee geskenke van vreugde en vrede 

As vrees jou beetpak, as vrees jou vreugde steel, vat dit na die Here toe. Bid daaroor. Doen dit waaroor jy beheer het, en dan haal jy asem. Weet dat God by jou is.

Jy hoef nie jou beste te vertrou nie, jy vertrou God. Hy is in beheer. Hy hou my toekoms in sy hande.

Innerlike en uiterlike genesing vind plaas wanneer ek oorgee aan God. Dit bring heelheid, fisiese heelheid, en ook innerlike vrede. Die meeste groot siektes van ons dag is as gevolg van stres. So, laat gaan.

Om te besef hoe afhanklik jy van God is is ʼn goeie plek om te wees. In Matteus 5 sê Jesus: Gelukkig is die wat weet hoe afhanklik hulle van My is.

Verklaar jou afhanklikheid. Alles hang nie van my en jou ou poginkies af nie. Ons het ʼn God wat na ons kyk. Hy is ons voorsiener, ons Herder.

Raak genoeg stil. Studies toon dat mense wie stil raak is gelukkiger. Ongelukkig sukkel ons daarmee. Ons is die altyd-aan-generasie. As ek ʼn oomblik van rustigheid het in my dag, wat doen ek? Ek gryp na my foon en ek begin mindless te scroll. Ek sê nie dit is verkeerd nie, maar studies toon dat mense wat kan stil raak, is beslis gelukkiger.

Dis altyd so mooi as ek lees van die tuin van Eden. Adam en Eva het toe die aandbries opgekom het gewandel saam met God in die tuin. Sonder lysies. Sonder agendas. Hulle was net by God gewees.

Leef aandagtig en soek God in jou dag 

Wees net by God. Leef net in verwondering vir dit wat Hy vir jou gedoen het, want Hy is betrokke in jou lewe. Hy is by jou.

Leef op die uitkyk. Wees soos ʼn speurder wat Hom soek in jou dag. Aan die einde van elke dag, vra jouself: Waar het ek God vandag beleef?

’n Tyd gelede het ons met ons Willa Krause velsorg-agente ons groot bemarkingsopleidingdag gehad, en ons topagente is almal soos familie. Ek is so lief vir daardie vroue. Na die tyd kom ʼn vrou na my toe, een van ons geliefde mense wat al jare by ons is, en sy huil verskriklik. Sy vermoed haar man is besig om Alzheimers te kry.

Ek sit saam met haar en ek huil saam met haar. Ek troos haar en ek probeer haar bemoedig. Toe ek regtig nie meer weet wat nie, hier klop iemand aan my kantoordeur. Dit is een van ons ander agente. Sy stap in en sy kom af op ons twee wat so huil. Die kort en lank is, haar pa is onlangs oorlede aan Alzheimers.

Sy kon hierdie vrou toe sê: Gaan na hierdie dokters toe. Hierdie is die tipe medikasie wat jy kan gebruik. Dit is wat jy kan verwag, wat gaan gebeur.

Ek sit net terug en ek dink net dit is nie toevallig dat daardie vrou op daardie oomblik daar ingekom het nie. Dit is hoe God met ons praat. Hy is betrokke in ons lewe. Wees op die uitkyk.

Die Here is betrokke in jou lewe 

God is so betrokke, ons moet net ons geestesoë oopmaak. Paulus bid so mooi in die Efesiërsbrief, dan bid hy vir die Efesiërs en hy sê: Here, laat hulle geestesoë verhelder word, laat hulle U sal sien.

Die oomblik as jy begin kyk na jou dag en jy sien dat die dinge wat gebeur nie toevallig is nie, dit was die Here, dan bring dit vreugde in jou na vore, want jy weet Hy is betrokke in jou lewe.

Jy stry nie jou stryd alleen op aarde nie, Hy is by jou. Sy genade is elke môre nuut, en dit bring vir jou vreugde.

ʼn Ruk terug lees ek die verhaal van Lasarus, wie deur Jesus uit die dood opgewek is. Jesus kom daar en Hy huil. Jesus het gehuil. Dit is die kortste vers in die Bybel.

Hoekom huil Jesus? Hy gaan dan nou Lasarus opwek uit die dood. As jy die teks lees, dan staan daar dat Jesus het gesien hoe die familie en vriende huil en ween, en dit het Hom diep aangeraak. Daarom het Hy gehuil.

Hy huil ook saam met jou. Hy stap jou pad saam met jou. Hy droog self jou trane af. Hy is betrokke in jou lewe.

Soms voel die Here so ver. Nee, geloof is nie ʼn gevoel nie. Geloof is ʼn wete dat die Woord sê: Hy is by jou en Hy sal jou nie alleen los nie. Hy dra jou las saam met jou, en jy het ʼn hemelse vooruitsig.

Deel die artikel

Méér artikels

Jou bediening maak saak. MELISSA SWART het tydens die Vroue wat glo–retreat beklemtoon om die regte fokus te behou as dit kom by jou hart, ...

Geloof kan jou help herstel en nuut begin, maak nie saak hoe diep jou seer of wond is nie. SUNÉ–CHARI SUTTON, bedieningsleier by Doxa Deo, ...

Scroll to Top