Karien Basson [Oudio+Video] Vasbyt Woorde Maak seer

Moenie bang wees om jouself te wees nie

Die samelewing laat ’n mens maklik voel dat jy anders is. Daar is soveel druk om te konformeer. Maar jy moet nooit bang wees om jouself te wees nie.

Ons omstandighede dwing ons dikwels om verskillende rolle te moet vertolk. As vrou probeer jy byvoorbeeld, dikwels gelyktydig, ’n goeie eggenoot, superma, dogter, beste vriendin, gesinsvrou en suksesvolle werknemer wees.

Dit beteken egter nie dat jy dit presies soos almal anders moet doen nie.

Dawid het nie in koning Saul se wapenrusting gepas nie. Hy het in sy skaapwagtersuitrusting en met die toerusting wat hy die beste geken het die reus verslaan.

In Efesiërs 6:13 gee Paulus advies en moedig die gelowiges aan om die volle wapenrusting van God aan te trek. “Trek die waarheid as gordel om jou heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan jou voete en daarby moet julle altyd die geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal jy al die brandpyle van die bose kan afweer.”

Oorwinning is slegs moontlik deur Sy krag. Neem die ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Om te waag is om te groei. Dit kan egter gevaarlik wees om risiko’s te loop. Hoe leer jy jou kind om gesonde kanse te ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!