Hou op om verskonings te maak
- Geloof MENTORS
- Karien Basson
Elkeen van ons ervarings – die goeies, die slegtes, die moeilikes en die snaakses –is daar om ons gereed te maak. Moses het as ’n pleegkind in die farao se huis die Egiptiese geloof, maniere en taal bemeester. Dit is juis waarom hy gekies word om Sy volk uit Egipte te lei.
Moses se fout om ’n Egiptiese slawedrywer dood te slaan (Eksodus 2:12) en sy vlug na die wildernis word gebruik om hom ’n paar persoonlike lesse te leer. Sy karakter ontwikkel terwyl hy wat voorheen ’n Egiptiese prins was, skape oppas.
Niks maak jou nederiger as werk waarvoor jy heeltemal ongekwalifiseerd is nie. Moses leer hoe dit voel om een van die seergemaaktes te wees. Dit is ook hier dat God vir die eerste keer, uit ’n brandende bos, met hom praat, wetend dat hy gereed is vir sy roeping.
Nes ons, maak Moses verskoning dat hy nie geskik is vir die taak nie. Ons sien Sy wysheid in die hantering van dié twyfel en onsekerheid, en alhoewel Aaron as hulp en steunpilaar saamgestuur word, is dit duidelik dat Moses se tagtig jaar lange voorbereiding nie verniet ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Albei was op die randjie van die dood. WYNAND en LINDI DELPORT van die destydse musiekgroep Anders. Man en vrou kan getuig … Wonderwerke gebeur ...
Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý ...