God wil jou gebruik!
- Geloof MENTORS
- Liesel Krause-Wiid
Wil jy graag ’n verskil maak vandag, maar jy wonder: Waar begin ek? Jy is presies waar jy moet wees om iemand se dag op te vrolik. ’n Opregte glimlag van omgee is halfpad daar!
Wanneer jy een swaar emmer water dra, is dit ’n groot gesukkel. Jy hinkepink vorentoe terwyl die emmer kort-kort teen jou knie stamp en die water uitspat. Al wat regtig gaan help, is om nog ’n emmer water op te tel, en die twee gelyktydig te dra. Hierdie beeld illustreer dat wanneer jy ander help, jy ook jouself help.
Jy is toegerus om ’n verskil te maak!
Daar is ’n verhaal van ’n vrou wat ongelukkig was en wou selfmoord pleeg. Sy spring toe van ’n brug af, die rivier in. Sonder om twee keer te dink het ’n jongman wat daar verbygestap het, agterna gespring om haar te red. Maar toe hy die water tref, onthou hy hy kan nie swem nie.
Die vrou wat wou selfmoord pleeg, het gesien die jongman gaan verdrink en het hom te hulp geswem. So het sy die man en ook haar ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly. ...
Ons voel maklik ons is nie goed genoeg nie en dat ons meer kan doen. Tog het ons nie ’n selfdoengodsdiens nie, want alles gaan ...