![Karien Basson [Oudio+Video] Vasbyt Woorde Maak seer](https://voelgoed.co.za/wp-content/uploads/2023/05/Karien_Mentor_OudioVideo-1024x536.webp)
Oppas! Jou woorde maak seer
Om taktvol te wees beteken om mense se gevoelens in ag te neem en hulle nie onnodig seer te maak nie. Dit is intuïtiewe insig oor wat reg en toepaslik is. Die bedoeling is nie om misleidend of onopreg te wees nie, maar eerder om ander met bedagsaamheid te bejeën.
Chuck Swindoll skryf (in Insight for Today), “ek het jare gelede skoene verkoop en ’n bekwame kollega het my die wyse advies gegee om nooit te sê: “Dame, u voet is te groot vir hierdie skoen nie”, maar eerder: “Ek is jammer, maar hierdie skoen is effens te klein vir u voet.” Albei stellings weerspieël die waarheid, maar een is beledigend terwyl die ander ’n diskrete kompliment is.
Begin sommer vandag om daarop te fokus om meer taktvol teenoor jou eggenoot, gesinslede, familie en kollegas op te tree.
’n Mens kan hierdie vaardigheid aanleer met raad uit boeke of deur terug te dink aan jou eie ervarings waar iemand se roekelose opmerkings jou gekwes het. Dit verg net goeie gesonde verstand.
Dit waarvan Salomo in Spreuke 3:21 skryf: “My seun, behou die takt en oorleg; moet ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
As bekommernis aan jou knaag of as jou hart swaar voel, moenie begin kla of jou eie planne beraam nie. Begin net bid! Moenie moed ...
Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat ...