Leer om meer soos Jesus te wees

Leer om meer soos Jesus te wees

Wat ons van Jesus weet en kan sê, getuig van Sy uniekheid. Wees met Jesus–eienskappe ’n rolmodel vir ander.

Wie dit die minste verdien, word uit genade gekies

Jesus het nie destyds toe Hy aarde toe gekom het, eers vasgestel wie die mense was wat die meeste moeite met hulle godsdiens doen en toe Homself aan hulle geopenbaar nie. Nee, Hy het juis die heel laagste ouens gekies wat ons sou dink regtig glad nie vir daardie eer kwalifiseer nie. Ons noem dit “genade”.

Ons weet nie hoekom Jesus vir Petrus as ’n dissipel gekies het nie. Dit was beslis nie omdat hy vreesloos en betroubaar was nie!

Hy het eerder net ’n vreeslike groot mond gehad, en verder was hy ’n bietjie van ’n “loose cannon”, soos hulle in Engels sê.

Jy het nooit geweet wat hy volgende gaan doen nie, en jy kon nooit op sy impulsiewe beloftes staatmaak nie. Tog kies die Here hom, want Hy kies uit genade.

Daar staan een groot woord in enorme letters oor ons geloofslewe geskryf. Dis die woord “genade”.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Oorgangstye in jou lewe behoort nie jou lewensgehalte, of wie jy is, te verander nie. Kry maniere om verandering te hanteer sodat jy kan aan ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!