Die geheim tot gesonde verhoudings
- BybelTEMA
- Hannes Burger
Ons bestee baie tyd daaraan om gesonde verhoudings te vorm. Luister, dien en goedhartigheid maak jou ’n beter vriendin, eggenoot, kollega en familielid.
Toewyding is die kern van ’n gesonde verhouding
Die kern van ’n gesonde verhouding is om te weet jy het iemand wat regtig daar is vir jou. Soms wil ons te veel daaroor dink, te veel doen. Begin deur bloot net daar te wees.
As ons vandag se gonswoord in verband met verhoudings mag gebruik, was Jesus die uiterste voorbeeld van commitment. Hy was volkome aan ons en sy taak toegewy.
Dit moet ons nie verbaas dat verhoudings dieselfde toewyding van ons vra nie. Geen verhouding, of dit ’n hegte vriendskap of ’n huwelik is, kan tog slaag as die een persoon eindeloos meer toegewyd as die ander is nie.
Twee mense in ’n verhouding moet ten minste vergelykbaar aan mekaar toegewy wees. Daarom is dit seker vanselfsprekend dat as ons ons tot ’n verhouding verbind, ons nie ongeërg voort kan gaan met ons lewe asof niks gebeur het nie!
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Bucket list” en “You only live once” is gewilde gonswoorde. Maar hoekom? Ons kan niks op aarde misloop waarvoor ons nie in die hemel gaan ...
Deur te bid erken ons die Here se teenwoordigheid in ons daaglikse lewe. Ons kommunikeer deur middel van gebed sodat ons in ’n verhouding met ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!