God hoor en verhoor jou gebede
- #StilwordSondag
- Ella Kritzinger
... omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.
(1 Johannes 5:14-15)
Ek het ’n liedjie geskryf oor weggooigebedjies; daardie gebedjies wat ons sommer so vinnig of terloops in die kar bid en dan binne vyf minute vergeet. Op ’n dag vind jy tog uit dat God daardie gebedjie verhoor het.
Ek was al stomgeslaan oor hoe groot God is in sy voorsiening in die klein en groot dinge in my lewe. As God Hom ontferm oor die kleinste dingetjies in ons lewe, hoeveel te meer sal Hy dan nie ons ernstige smeekgebede en uitroepe aanhoor en beantwoord nie?
Ons Vader is ’n God wat vir ons wil gee in oorvloed. Hy is so groot dat sy skatkamers nooit uitgeput raak nie. Hy is so groot dat Hy elkeen van ons wat bid, hoor. Hy voorsien in ons behoeftes, al kry ons nie altyd spesifiek dít waarvoor ons gevra het nie. Hy wil hê ons moet met ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op ’n teregwysing ag slaan, kry insig. Om die Here te dien, ...
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Efesiërs 6:18) Dit ...