Kry ’n plat maag en sterk maagspiere
- Fiks
- Marijke Cilliers, persoonlike afrigter
Glo dit of nie, elkeen van ons het ’n perfekte sespak. Om jou mooi maag met trots te kan wys, moet jy van die vetjies ontslae raak wat die sespak wegsteek.
Dit wat ons gewoonlik maagspiere noem, is eintlik vier afsonderlike abdominale spiere wat verantwoordelik is vir verskillende bewegings en liggaamsfunksies. Maagspiere moet dus in alle rigtings en deur ’n verskeidenheid bewegings geoefen word, wat meer as net opsitte behels.
Kernoefeninge is belangrik vir ’n ferm maag. Jy het egter nie spesiale toerusting, ’n gimnasiumsessie of baie tyd hiervoor nodig nie. Drie tot tien minute per dag is genoeg, en jy kan dit maklik by jou roetine inpas. Maagspiere kan ook tydens ander aktiwiteite geoefen word, soos wanneer jy met swaar gewigte werk of selfs met intense naellope.
Terwyl jy deur die dag sit, trek jou maag diep in en hou dit vir vyf sekondes terwyl jy aanhou asemhaal. Ontspan en herhaal dit ’n paar keer deur die dag. Voor jy saans in die bed klim, doen ’n vinnige plankstand, met jou maag ingetrek. Hou dit vir so lank as jy kan. Jy kan dit in die oggend herhaal. ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...
Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...