God wil jou graag gebruik

God wil jou graag gebruik 

Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie, en nou sal geslag na geslag my geseënd noem! (Lukas 1:48; NLV)

Buiten Maria se loflied wat elke keer trane in my oë laat opskiet wanneer ek dit lees, is daar iets anders wat my aangryp van haar en ander se verhale. Dit is die Here se keuse wie die ma van die Verlosser op aarde sou wees. En nie net wie sy ma sou wees nie, maar ook die hele lyn van vroue in die saadlyn van die Messias.

Tamar, Ragab, Rut, Batseba en dan Maria. As ons die saadlyn van die Messias moes kies, sou hierdie vroue beslis nie die kortlys óf die langlys gehaal het nie!

Tamar het haar as ’n prostituut vermom, haar eie skoonpa verlei en swanger by hom geraak met twee seuns, Perez en Zerah. Ragab was’n prostituut in Jerigo. Maar danksy haar vertroue in die God van Israel is sy gered toe Jerigo geval het. Sy en Salmon het ’n seun gehad met die naam Boas.

Rut, die heidense vrou wat haar eie lewe agtergelaat het om saam met haar skoonma ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: ...

Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. (1 Johannes 3:11) Soms is ons geneig om ...

Scroll to Top