Die voedsame en vetvrye voordele van eiervrug

Die voedsame en vetvrye voordele van eiervrug 

Eiervrug is nie net ’n uitstekende bron van dieetvesel nie, dit is ryk aan voedingstowwe en laag in kalorieë. 

Die sonderlinge pers vrug is ’n smaaklike toevoeging tot enige gesonde dieet. Eiervrug kan gewigsverlies bevorder, die risiko van hartsiektes verminder en bloedsuikervlakke help beheer.

Dit is ’n uitstekende bron van dieetvesel, ryk aan voedingstowwe en laag in kalorieë. Dit is ook ’n goeie bron van vitamiene B1 en B6.

Die besondere vrug is ryk aan anti-oksidante – veral niasien wat in die skil voorkom en wat dit sy pers kleur gee.

Dit het ’n hoë ysterinhoud, maar is ook ryk aan kalium, koper, magnesium, mangaan en foliensuur wat belangrik is vir beensterkte.

Indien jy swanger is, kan jy ook gerus eiervrug in jou dieet insluit aangesien dit fetusontwikkeling bevorder.

En dan, net wanneer jy dink dat dit ál is wat hierdie eienaardig gevormde vrug vir jou kan doen – die eiervrug kan ook help met die vermindering van abdominale vet!

Die botterskorsie in die groentegebakresep hiernaas, kan met soetpatat, pampoen of selfs met ’n quino-alaag vervang word ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Rou kakao is propvol nutriënte en is gewoonlik in die meeste gesondheidswinkels beskikbaar. Dit gee die liggaam ’n hupstoot en stel goedvoelhormone vry. Cacao en ...

Ons beplan gewoonlik ’n ete rondom die proteïen. Begin vir ’n verandering by die groente en besluit dan watter proteïen die beste daarmee saamgaan. Ontbyt, ...

Scroll to Top