’n Groente vir elke geleentheid

’n Groente vir elke geleentheid

Ons beplan gewoonlik ’n ete rondom die proteïen. Begin vir ’n verandering by die groente en besluit dan watter proteïen die beste daarmee saamgaan.

Ontbyt, middag- of aandete – spinasie is altyd ’n wenner vir enige ete van die dag. Sit dit voor saam met eier of ’n tamatie daarby om die gereg af te rond.

Vir middagete kan jy blaarslaai met baba-spinasie vervang om jou bykos ’n ekstra hupstoot proteïen en alkaliese voordele te gee. Dit dien ook as ’n bron van kalsium en vesel vir ’n gesonde spysvertering.

Botterskorsie is baie veelsydig. Dit gaan lekker saam met die meeste proteïene. Deur dit met basmati-rys en ander groente aan te vul, kan jy dit ook die basis vir ’n vegetariese ete maak.

Hierdie groente is anti-inflammatories, alkalies en help om bloedsuiker te reguleer.

Jy kan patats saam met sout of soet geregte geniet. Die romerige tekstuur maak dit ’n gewilde bestanddeel in gebak. Dit is ook ryk aan vesel, is anti-inflammatories, propvol voedingstowwe en gee ook jou immuunstelsel ’n hupstoot.

As jy met die regte, helende bestanddele begin, sal ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis dalk ’n vriendin. ’n Kollega. Of ’n bekende na wie jy opgesien het. Hulle het gesê hulle glo een ding maar toe anders geleef. ...

Grappies oor skoonma’s is volop, maar ’n lewe saam met jou man se ouers kan allesbehalwe ’n grap wees. Hier is raad vir skoonfamiliepyne. Kritiek ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!