Kies amandels vir legio gesondheidsvoordele

Kies amandels vir legio gesondheidsvoordele

Neutbotter, splinters, vlokkies, meel en melk – amandels is in talle verskillende vorms beskikbaar. Dit het ’n legio gebruike in die voorbereiding van voedsel of as versnapering en is propvol gesondheidsvoordele.

Vir ’n vullende peuselhappie kan geroosterde neute gebruik word om rosyne, rooibosbessies, pampoenpitte en vele meer aan te vul. Dit smaak net so lekker saam met biltong of ’n stukkie droëwors.

Met ’n laer vetinhoud as haselneute, makadamianeute, pistachioneute en okkerneute kan jy maar ’n paar meer geniet. Daarbenewens bevat dit hoofsaaklik mono- en polionversadigde vette wat goed is vir jou hart.

Amandels is ryk aan groenteproteïene, minerale soos yster, magnesium, fosfor en sink, antioksidante en vitamiene, veral vitamien E. ’n Ander voordeel is dat die neute bydra tot die alkaliese balans in jou liggaam en kan help om suur te bekamp wat tot ’n verskeidenheid chroniese siektes kan lei.

Amandels is ook anti-inflammatories. Dit voorkom osteoporose, help met breinontwikkeling, hou ’n gesonde cholesterolvlak in stand en reguleer bloedsuiker.

Gebruik hulle in gebak en ander geregte. Vir diegene wat gluten moet vermy, is die meel ’n ideale plaasvervanger vir tradisionele koringmeel. Jou ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!