Liesel Krause-Wiid [Oudio+Video]

Die geskenk van God se genade 

Ons voel maklik ons is nie goed genoeg nie en dat ons meer kan doen. Tog het ons nie ’n selfdoengodsdiens nie, want alles gaan oor genade. 

Die redding is reeds vir ons gedoen aan die kruis 

Ruk gelede sit ’n jong vrou voor my. Haar oë is vol trane, want sy voel sy doen nie genoeg vir God nie. Haar een vriendin doen sendingwerk en ’n ander een het ’n omgeegroepie by die skool begin, wat baie geseënd is. Al wat sy doen, is om agter haar twee- en driejarige kindertjies aan te hardloop.

Ek kon met vrymoedigheid sê dat sy presies is waar God haar nou wil hê. Die gesin is jou eerste sendingveld. In elk geval vra God nie van ons om groot dinge vir Hom te doen nie. Hy vra net dat ons in ’n liefdevolle verhouding met Hom moet staan.

Sommige mense dink dat elke goeie daad jou nader aan die hemel bring, amper soos om trappie vir trappie op ’n leer te klim. Party begin selfs neersien op ander en dink hulle is darem al ’n bietjie hoër ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly. ...

Met elke seisoen van jou lewe is daar geleentheid vir geestelike groei. God laat jou toe om te bloei en te blom. Maar dit bring ...

Scroll to Top