Lag jou gesond, verdryf die stres

Lag jou gesond, verdryf die stres 

’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput. (Spreuke 17:22) 

Ek lag graag hard. Dit laat my goed voel. As jy daaroor kan lag, kan jy daarmee saamleef. Dis soos om oefeninge te doen. Dieselfde goedvoelhormone word afgeskei wanneer jy lag. En boonop kan ek meer as 200 kJ verbrand deur sowat tien minute na iemand se grappies te luister. Jou weefsels kry meer suurstof en jou bloedvloei verbeter.

Lag maak jou gesond. Fisiek en geestelik.

Salomo vertel dat die deugsame vrou lag oor die dag wat kom. Sy ken geen kommer oor die toekoms nie. Dis jammer dat ons God se natuurlike medisyne van lag en vrolik wees heeltemal ignoreer en baie vinnig na ’n hoofpynpil gryp. Ons kan nie verbeter op sy plan nie. Ons dink net ons weet beter.

Gesonde lag is ’n wonderlike gawe van God. Hy gee ons die vermoë om hardop te lag vir onsself in die veiligheid van familie en vriende. Sy genade word aan ons bewys deur die vrede en teenwoordigheid van sy Gees. Volgende keer as jy hardop lag, stuur ’n stille “dankie” ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: ...

Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. (1 Johannes 3:11) Soms is ons geneig om ...

Scroll to Top