Hy steek jou vreugdevure aan
- #StilwordSondag
- Norma Rossouw
“Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie.” (Johannes 16:22)
Pascal, die filosoof en wiskundige, se dogter ontdek hierdie papier: Jaar van Genade 1654. Vuur, die God van Abraham, Isak en Jakob se vuur het oor my gekom. Nie die woorde van filosowe en wetenskaplikes nie, maar die woorde van God. My God, waarom het ek U verlaat? Mag ek nie vir ewig van Hom geskei wees nie. Maar dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God en Jesus wat deur U gestuur is. Ek het Hom weer gekruisig, maar Hy is vir my gekruisig. Hy het my kom soek. Daarom het ek nou ewige vreugde … vir een dag van moeite op aarde.
Hierdie vreugde is meer as geluk. Geluk kom deur prestasie, omstandighede, mense en verhoudings, maar vreugde is ’n geskenk van God. Tydens Jesus se aardse lewe was daar vir Hom genoeg rede om ongelukkig te wees en tog was daar niemand meer vreugdevol nie. Hy het die hemel prysgegee vir die aarde, ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. ...
“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...