Lizanne du Plessis

Jou kind se woede uitbarstings 

Tantrums is kragtige emosionele storms. Dit kan ouer en kind totaal oorweldig, en hulle kwaad en magteloos laat voel. Gelukkig is daar iets wat jy kan doen. 

Daar is verskillende redes vir jou kind se tantrums 

Daar is besliste redes waarom kinders op bepaalde maniere reageer. Dit het gewoonlik te doen met honger, moegheid, spanning, frustrasie of teleurstelling. Party kinders reageer meer gereeld met ’n uitbarsting as ander, want dit hou verband met individuele breinontwikkeling en sensoriese temperamente.

Om te ontplof is deel van die normale groei en grootword by kinders. Regtig! Hiersonder sal hulle nooit leer wat om met groot emosies te maak nie.

As kinders se emosies buite beheer raak, ontwikkel essensiële breinnetwerke wat emosionele regulering bevorder. Daarom kan jy, volgende keer as jou kind ’n woede-uitbarsting kry, diep asemhaal en jouself herinner dat dit normaal is. Meer nog: Dit is nodig vir gesonde breinontwikkeling.

Daar is twee tipes woede-uitbarstings. Met elkeen gebeur daar iets anders in jou kind se brein. Elke tipe moet daarom op ’n spesifieke manier benader en hanteer word.

Die eerste tipe ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Gesinsvergaderings hou soveel voordele in. Kinders leer om hulle stem te laat hoor en dit ontwikkel ook ’n gevoel van samehorigheid binne die gesin. Gesinspret ...

Jy geniet jou werk, maar soms word jy oorweldig deur skuldgevoelens omdat dit vir jou voel jy loop spesiale oomblikke saam met jou gesin mis. ...

Scroll to Top