Skep ’n kalm atmosfeer in jou huis
- Ouerskap MENTOR
- Serahni Symington
As mamma en vrou hou ons die atmosfeer in die huis in ons hande en ons stemtoon vas. ’n Kalm ouer, het ’n groot uitwerking op die atmosfeer in die huis.
Kinders voel hulle ouers se kalmte aan
Hoekom moet ék altyd kalm wees? Ons almal het tog emosionele koppies waarin jou dag se dinge val. Jou motor vat vanoggend ’n bietjie lank om aan die gang te kom. Jy vergeet van die lasagne wat jy by die kerk moes aflaai. Jou kind bel oor skoolskoene wat weg is.
Die dag se dinge kan ’n mens se emosionele koppie sommer vinnig vol maak. En gewoonlik gebeur dit so teen vyfuur die middag wanneer huiswerk nog gedoen moet word en kos nog gemaak moet word.
Jou kind kyk jou met smekende ogies aan: Speel met my, Mamma. Dit is dan wanneer ons mammas hoor sê: My moeg is moeg. Hoe moet jy die atmosfeer in jou huis kalm hou en koester terwyl jou koppie self vol is?
Ons kan egter nie navorsing ignoreer wat bewys dat wanneer ons kalm is, kinders dit ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Tantrums is kragtige emosionele storms. Dit kan ouer en kind totaal oorweldig, en hulle kwaad en magteloos laat voel. Gelukkig is daar iets wat jy ...
Gesinsvergaderings hou soveel voordele in. Kinders leer om hulle stem te laat hoor en dit ontwikkel ook ’n gevoel van samehorigheid binne die gesin. Gesinspret ...