Pas aan en verander om jou drome te bereik
- Dink nuut
- Lynette Beer
Jy moet aanpas by jou droom, want jou drome gaan verander, het verhoudingskenner LYNETTE BEER tydens die EkwilEkkanEksal-konferensie vertel.
Identifiseer jou droom en jou struikelblokke
As jy jou droom mooi geformuleer en jy jou struikelblokke erken het, is die volgende stap uithouvermoë.
Jy moet aanhou, en aanhou, en aanhou. Ongeag jou omstandighede, moet jy jou oë gefokus hou. Die visie moet duidelik voor jou wees, en jy moet op dit fokus en nie op jou omstandighede nie.
Jy moet word soos Gideon. Gaan lees Gideon se storie in Rigters 6. God het vir hom ’n droom gehad. ’n Droom wat hom uitgedaag het.
God het vir Gideon gesê: “Gideon, hier is die opdrag, maar jy moenie bang wees nie. Toe Ek oor jou gedroom het, het Ek gedroom dat jy hierdie taak moet doen en Ek sal by jou wees ten spyte van hoe uitdagend dit mag wees, Ek is by jou.”
Wat ’n wonderlike gerusstelling!
As jy twyfel, moet jy aanhou soek wat presies jy wil hê. Jy moet jou droom identifiseer en dan ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dit is nie nodig om te wag vir ’n spesiale geleentheid om met ’n glansende voorkoms te spog nie, het CINDY NELL–ROBERTS tydens die Nuwe ...
Dit is belangrik om kinders toe te rus met lewensvaardighede. Besigheidsafrigter ELSA GROENEWALD vra: Maar is dit genoeg? Voorbereiding vir jou kind se plek in ...