Ja, jy kan ... ’n Nuwe jy wees op enige ouderdom

Ja, jy kan … ’n Nuwe jy wees op enige ouderdom

Hoe kan ʼn mens jouself verfris en vernuwing laat plaasvind? Is dit enigsins moontlik? Die diepste dryfkrag wat ons het, is om betekenisvol te leef, sê KLASIE WESSELS. 

Ons het ’n diep wil om te verbeter 

Jonk of oud, elkeen van ons se daaglikse gedagtegang is tot soveel as 95% dieselfde as gister, en die dag voor gister – ’n warboel van onbeheerste waarnemings wat grotendeels dieselfde is. Hoe vreemd is dit?

Om ’n verskil te maak aan die lewe en vir ander mense van waarde te wees, is ons grootste motiveerder. Soos ’n bekende filosoof lank gelede opgemerk het: Die deur na geluk maak oop na buite.

’n Ander eienskap van die mens is die krag van ons geestelike wil. Ons het die vermoë om berge te verskuif vir dit waarin ons glo. Gekoppel hieraan is ’n spirituele spanning wat ons vorentoe dryf in ’n konstante soeke na meer.

Ons het ’n diep wil om te verbeter en is nie gebou vir konstante balans nie. Om vorentoe te boer in die soeke na ’n beter toekoms is deel van ons ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Mense word aan soortgelyke stressors blootgestel, maar nie almal ervaar stres nie. Dit gaan oor hoe jy dit prosesseer, sê HENRY EAGLETON. Stres kom van ...

Scroll to Top