Alewige stry en baklei oor geld!

Alewige stry en baklei oor geld! 

Voel dit asof jy en jou man oor niks anders as geld baklei nie? Ons wys hoe julle die finansies saam kan bestuur as ’n span. 

Finansies is nie die oorsaak van die rusies nie 

Jy stap vrolik by die voordeur in, net om die volgende oomblik oor leë bokse te struikel. Manlief het sowaar ’n nuwe rekenaar gekoop sonder om jou opinie te vra!

“Hoe kan jy so onverantwoordelik wees? Jy weet ons kan nie ’n rekenaar bekostig nie!” trek jy woedend los en gee hom geen kans om te verduidelik nie. Jy kan die teleurstelling op sy gesig sien. Hy is moeg van die gesukkel om julle finansies te laat klop, moeg vir al die beskuldigings en moeg omdat hy niks reg kan doen nie.

Dit klink dalk vreemd, maar geld is nie die sondaar nie – julle stry nie oor geld nie. Geld is maar net iets wat julle met mekaar deel en saam moet bestuur. Die probleem is dat julle verskillende waardes daaraan heg, verskillende prioriteite het oor dit wat gekoop moet word en dit op verskillende maniere spandeer.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...

Volgens die spreekwoord kan dit wat jy nie weet nie, jou nie seermaak nie. Dalk is dit waarom paartjies mekaar nie altyd alles vertel nie. ...

Scroll to Top