As jy probeer om julle verhouding te beheer...

As jy probeer om julle verhouding te beheer…

Jy dink almal se geluk hang van jou af. So, jy probeer om julle verhouding te beheer. Jý besluit waar julle vakansie gaan hou en hoeveel geld julle kan uitgee. Maar sal jou man dit aanvaar?

Jy wil die verhouding ten volle beheer

‘n Suksesvolle verhouding gaan oor ons. Die verhouding met probleme is die een wat gaan oor ek en jy. Dis soos die ou gesegde wat sê ’n huwelik is nie 50/50 nie, maar 100/100.

Partykeer gee ...

Jy dink almal se geluk hang van jou af. So, jy probeer om julle verhouding te beheer. Jý besluit waar julle vakansie gaan hou en hoeveel geld julle kan uitgee. Maar sal jou man dit aanvaar?

Jy wil die verhouding ten volle beheer

‘n Suksesvolle verhouding gaan oor ons. Die verhouding met probleme is die een wat gaan oor ek en jy. Dis soos die ou gesegde wat sê ’n huwelik is nie 50/50 nie, maar 100/100.

Partykeer gee jy meer. Ander kere gee die ander een meer.

So, wat is ons in ’n huwelik? Dit is iets onsigbaars, maar dit is daar. Dit is iets wat apart is van die ek en jy in ’n verhouding. Een van die grootste gevare vir die ons in julle verhouding is wanneer jy probeer om jou man soos ’n kind te behandel.

Jy besef dit nie eers nie, maar jy het dalk begin om op jou man se kop te sit. Miskien met julle begroting. Jy besluit hoeveel spandeer mag word en wanneer. Of jy besluit hoe hy moet optree en watter werk hy moet doen. Hy doen dit dalk om jou tevrede te stel, maar dit maak hom ongelukkig.

En wat doen hy? Hy onttrek hom, want jy voel hy deel niks meer met jou nie. Omdat daar so baie reëls is, begin hy soos ’n stout kind optree. Die probleem is juis dat een van julle soos die ouer optree en die ander een soos die kind. So ’n verhouding werk net vir ’n rukkie. Die “kind” gaan die een of ander tyd kwaad word, rebelleer en onttrek!

Hy laat dit dalk toe om die vrede te bewaar, maar net tot op ’n sekere punt. Daardie verwyte lê en gis, totdat die prop die een of ander tyd afskiet. Dan begin die groot geveg vir beheer. En julle is in die moeilikheid.

Jou behoefte om te beheer is op vrees gegrond

Jy dink moontlik dat jy dinge “onder beheer het”, wat seker so kan wees, maar onthou, daar is ’n groot verskil tussen dinge onder beheer hê en dinge beheer.

Jy wou miskien eers net jou omgewing manipuleer, maar toe raak jou man die teiken. Jy was bang dat hy jou gaan los of dat jy iets anders gaan verloor. Ironies genoeg is dit juis omdat jy die hele tyd alles om jou wil beheer dat dit waarvoor jy so bang is, wél later kan gebeur.

Hoe kry ons weer balans en ewewig?

Om dit te laat werk, moet julle al twee besluit om dinge so te aanvaar, maar dit gooi die bootjie van balans af. As een van die twee nie meer met die situasie tevrede is nie, moet dinge verander.

Jy het dalk getrou met die idee dat jou man jou gelukkig moet maak. Dit werk ongelukkig nie so nie.

Die basiese selfsug wat in elke mens se hart leef, veroorsaak dat ’n huwelik nie vanself gelukkig kan wees nie. Dit vra werk. Dit vra van jou om jou eie hart te leer ken. En om jou man se hart te leer verstaan en uit te vind hoe dinge tussen julle moet wees.

Fokus van nou af eerder op ons as op ek. Ons werk saam, nie teen mekaar nie. Ons vorm ’n span, en boonop ’n gedugte een. Ons kan saam die wêreld aanpak.

Deel die artikel

Méér artikels

Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis. Jou ...

Scroll to Top