Moet jy hom vashou of ruimte gee?

Moet jy hom vashou of ruimte gee?

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis.

Jou ouerhuis beïnvloed jou idee van spasie

Elke kind beleef sy of haar eie gesinslewe as normaal. Dis tog al wat ’n mens van kleins af ken. Die dag as julle trou, verwag jy dus onbewustelik dat die nuwe gesin dieselfde sal lyk.

In sy ouerhuis was daar dalk ruimte om homself te wees en sy gang te gaan. Dit was dalk nooit nodig om verslag te doen oor waar hy was en wat hy gedoen het nie.

Hulle gesin het miskien selde hulle gevoel vir mekaar gewys. Of dit was nie belangrik om as gesin dinge saam te doen nie.

In julle huis het dit miskien heeltemal anders gewerk. Pa en Ma het moontlik gesorg dat die gesin ’n hegte eenheid was – al was dit dan ook met streng reëls. Met vakansies moes die gesinslede die meeste dinge saam doen. Enigiets wat die kinders op hulle eie wou doen, moes hulle spesifiek toestemming voor kry ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ons Evasgeslag kan gou vinger wys, maar weet ons werklik wat die manne wil hê? Hier is ’n paar verrassende antwoorde. Wees vir hom ’n ...

Voel dit asof jy en jou man oor niks anders as geld baklei nie? Ons wys hoe julle die finansies saam kan bestuur as ’n ...

Scroll to Top