Kan rusie goed wees vir julle huwelik?
- Gelukkig getroud
- Artikel: Marli Swanepoel. Verwerk deur Ilze Ludick
Konflik is nie noodwendig sleg nie, trouens, dit kan julle verhouding laat verdiep. Dis egter belangrik om by die reëls te hou wanneer julle verskil.
Beskou konflik as ’n kans om te groei
Getroudwees kan jou beste én slegste eienskappe na vore bring. As julle pas getroud is, sien jou man dalk net jou sagte, speelse kant. Maar wag tot daardie eerste groot baklei en julle sien ’n sy van mekaar wat julle nie voorheen geweet het bestaan nie.
Konflik hoef nie vermy te word nie. So nou en dan moet die humeure vlamvat om ontslae te raak van al die opgekropte emosie. Hoe gaan ’n mens verskille oplos as niemand daaroor praat nie?
Dr. Tessa van Wijk, ’n traumatoloog van Johannesburg, sê een van die dinge waarop vroue nie voorberei is nie, is die feit dat hulle maar hulle gevoelens mag uitdruk. Ons mag sê as iets nie vir ons lekker is nie of ons seermaak. Vroue is baie geneig om die pleaser in die verhouding te wees.
Maar dis goed om eers af te koel as jy te kwaad ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sien jy jouself deesdae net as ma, huishoudster of gasvrou? Kom geleidelik uit jou groef en word weer jou man se minnares! Maak hom bewus ...
Wat is die verskil tussen ’n goeie verhouding en ’n voortreflike een? Die hoeveelheid pret en humor wat julle deel, maak die verskil! Opwinding is ...