Bepaal of jou doelgewig realisties is

Bepaal of jou doelgewig realisties is

Hoe voel jy oor jou gewig? Sommige mense is tevrede met net gesonde kilogramme en steur hulle nie juis aan ’n liggaamsmassa-indeks of LMI nie.  

’n LMI van minder as 18.5 klassifiseer as ondergewig, tussen 18.5 en 25 as normaal en bo 25 as oorgewig. Hoewel navorsing wys dat mense met ’n gesonde indeks ’n lae risiko vir leefstylverwante siektes het, is dit nie die alfa en omega vir ’n gesonde liggaamsbou nie. 

Hoe bepaal jy jou ideale massa? Verskeie faktore, soos jou beenstruktuur of bou, huidige vet- en spiermassa moet in ...

Hoe voel jy oor jou gewig? Sommige mense is tevrede met net gesonde kilogramme en steur hulle nie juis aan ’n liggaamsmassa-indeks of LMI nie.  

’n LMI van minder as 18.5 klassifiseer as ondergewig, tussen 18.5 en 25 as normaal en bo 25 as oorgewig. Hoewel navorsing wys dat mense met ’n gesonde indeks ’n lae risiko vir leefstylverwante siektes het, is dit nie die alfa en omega vir ’n gesonde liggaamsbou nie. 

Hoe bepaal jy jou ideale massa? Verskeie faktore, soos jou beenstruktuur of bou, huidige vet- en spiermassa moet in ag geneem moet word. Leefstyl, ouderdom en aktiwiteitsvlakke speel ook ’n rol. 

Om te bepaal of jou ideaal realisties is vra jouself die volgende: Wat het jou op dié syfer laat besluit? Is dit hoeveel jy voorheen geweeg het en het jy toe goed gevoel? 

Wanneer jy weet wat jou doelwit is, is die volgende oorweging: Wat moet ek doen om daarby uit te kom en dit dan daar te hou? Sal ek dit kan doen deur net gesonder te eet en matig te oefen of sal dit gepaard moet gaan met mediese behandeling, stimulante, vetverbranders en ure se oefen?  

Dit is belangrik dat jou doelgewig haalbaar, volhoubaar en gesond moet wees. 

Deel die artikel

Méér artikels

Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. As jy die woord dieet ...

Wil jy graag effektief verslank, maar jy weet nie waar om te begin nie? Dieetkundige AN DU PLESSIS verduidelik wat bedoel word met ’n goeie ...

Scroll to Top