Nutriënt-tekorte wat keer dat jy gewig verloor

Nutriënt-tekorte wat keer dat jy gewig verloor

Voedingstowwe speel ’n belangrike rol in ons metaboliese prosesse – van hormoonregulering tot energieverbranding. Maar kan tekorte my vet maak?

Sonder die noodsaaklike vitamiene en minerale kan jou liggaam nie doeltreffend funksioneer nie. ’n Tekort aan veral yster, vitamien D en magnesium kan ongeag ’n streng oefen- en eetplan, jou gewigsverlies lelik in die wiele ry.

’n Gebrek aan yster, oftewel bloedarmoede, kan jou nie net moeg, emosioneel en depressief laat voel nie, maar dit dra ook by tot “cravings”. ’n Ystertekort word moeilik sonder medikasie herstel. Jy kan ook die probleem ...

Voedingstowwe speel ’n belangrike rol in ons metaboliese prosesse – van hormoonregulering tot energieverbranding. Maar kan tekorte my vet maak?

Sonder die noodsaaklike vitamiene en minerale kan jou liggaam nie doeltreffend funksioneer nie. ’n Tekort aan veral yster, vitamien D en magnesium kan ongeag ’n streng oefen- en eetplan, jou gewigsverlies lelik in die wiele ry.

’n Gebrek aan yster, oftewel bloedarmoede, kan jou nie net moeg, emosioneel en depressief laat voel nie, maar dit dra ook by tot “cravings”. ’n Ystertekort word moeilik sonder medikasie herstel. Jy kan ook die probleem hanteer deur reg te eet. Maer vleis en lewer is van die beste natuurlike bronne van yster.

Vitamien D is belangrik vir gesonde bene en jou algemene gesondheid. Dit beïnvloed verskeie metaboliese prosesse. Hoewel sommige voedselsoorte vitamien D bevat, is dit nie genoeg om die tekort te herstel nie. Sonblootstelling is ’n beter opsie, terwyl ’n aanvulling vinniger resultate sal lewer.

Magnesium is nodig vir meer as 600 prosesse in jou liggaam. ’n Tekort kan veral jou gemoed en slaapgehalte affekteer. Dit speel ook ’n rol in die proses wat insulien aan die sel bind en glukose opneem vir energie. Natuurlike bronne van magnesium sluit in pampoensaad, groen blaargroente, neute en vrugte.

Laat jou yster-, vitamien D- en magnesiumvlak toets om te bepaal of jy ’n tekort het voordat jy aanvullings begin gebruik.

Deel die artikel

Méér artikels

Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. As jy die woord dieet ...

Wil jy graag effektief verslank, maar jy weet nie waar om te begin nie? Dieetkundige AN DU PLESSIS verduidelik wat bedoel word met ’n goeie ...

Scroll to Top