Jy kán gesond leef met tipe 2-diabetes

Jy kán gesond leef met tipe 2-diabetes

Tipe 2-diabetes is soms deel van ’n komplekse metaboliese sindroom – ’n leefstyltipe siektetoestand wat meestal vroue affekteer.

Tipe 2-diabetes word dikwels eers later in ons lewe gediagnoseer en word meestal aan swak leefstylkeuses toegeskryf.

Alhoewel tipe 2-diabete aanvanklik nie medikasie nodig het nie, wys statistiek dat 50% van tipe 2-diabete op die ou end insulien sal gebruik.

Tipe 2-diabtes word meestal veroorsaak deur vet in die organe omdat suiker nie meer in die liggaam gebruik kan word vir energie nie.

Oefening, gewigsverlies en die regte dieet kan gewoonlik die bloedsuikervlak sonder medikasie reguleer en insulienweerstandigheid omkeer.

Dit beteken nie dat dit volkome genees nie, maar dat die toestand in remissie is. Indien jy egter terugkeer na ongesonde eetgewoontes, sal die simptome terugkeer.

Is ’n laekoolhidraatdieet die antwoord? In ’n mate, maar die hele prentjie moet in ag geneem word. As jy koolhidrate uitskakel, sal proteïene of vet dit moet vervang. Beide hou risiko’s in.

Hoëproteïendiëte kan verskeie ongewenste simptome soos hardlywigheid, hoofpyn, slegte asem en ook ’n verhoogde risiko vir hartsiektes en kanker meebring.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. As jy die woord dieet ...

Baie mense dink metabolisme het te make met hoe vinnig jy jou kos verteer, maar dit behels eintlik baie meer. Die proses het te make ...

Scroll to Top