Versnel jou metabolisme op ’n gesonde wyse

Versnel jou metabolisme op ’n gesonde wyse

Baie mense dink metabolisme het te make met hoe vinnig jy jou kos verteer, maar dit behels eintlik baie meer. 

Die proses het te make met die hoeveelheid energie wat jou liggaam daagliks gebruik om al die stelsels –van vertering tot hormoonproduksie – wat nodig is vir optimale funksionering, te onderhou.

Die hoeveelheid energie wat jy verbrand, is jou metaboliese spoed. Namate ons ouer raak, is ons meestal minder aktief. Dit veroorsaak dat die liggaam al hoe minder energie verbrand.

Ons spiermassa begin reeds vanaf 30 jaar afneem. Dis ’n normale resultaat van veroudering. Jou spiere verbrand die meeste energie – selfs wanneer jy slaap – en moet konstant nutriënte en suurstof kry.

As jy spiermassa verloor, moet jy minder eet omdat jou liggaam se behoefte aan energie minder is. Indien jy dieselfde hoeveelheid energie inneem, word dit gestoor – wat tot gewigstoename lei.

Nutriënttekorte kan ook ’n invloed op jou metabolisme hê. Opsetlike verhongering forseer die liggaam om sy funksionering te verlaag. Indien dit ’n deurlopende tekort aan energie ondervind, sal die stelsels, oor tyd, daarby aanpas.

Dit is ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die Slender Wonder-program kan jou help om gewig te verloor en jou algehele gesondheid te verbeter. Met kundige ondersteuning en ’n holistiese benadering kan jy ...

Mindful eating behels die bewustheid van wat en hoekom jy op ’n gegewe tyd eet, sonder om die rede of emosie te oordeel. Daar is ...

Scroll to Top