Wou jy nog altyd jou passie vir onderwys omskep in ’n winsgewende besigheid? Met WolkskoolDirek kry jy die kans om jou eie aanlyn besigheid op te bou en te bemark – alles in die gemak van jou eie huis.
Gebruik jou unieke onderwysvaardighede om ’n impak te maak
Met WolkskoolDirek kry jy die kans om jou unieke vaardighede te gebruik en selfstandig te werk terwyl jy steeds ’n impak in onderwys maak.
Of jy een-tot-een lesse aanbied of groepe onderrig, jy het volle beheer oor hoe dinge werk – van jou fooi en skedule tot jou aanbiedingstyl.
Hierdie platform is maklik om te gebruik en gee jou die vryheid om lesse en klasse te skep wat jou sterkpunte en belangstellings komplementeer.
Fokus op wat jy die beste doen – klasgee – sonder enige komplikasies.
Hier het jy die mag om jou eie reëls te maak en op jou manier ’n verskil te maak.
Begin jou eie suksesvolle besigheid
Kontak vandag nog WolkskoolDirek by [email protected] om voordeel te trek uit jou talent as onderwyser. Jou klas, jou reëls!

’n Nalatenskap van goeie onderwysers met ’n passie vir klasgee
’n Onlangse studie voorspel ’n groot golf van aftredes in die onderwys teen 2030. Altesaam 49% van onderwysers tans is 50 jaar of ouer, en 25% is minstens 55 jaar oud.
Onderwysers kan vanaf die ouderdom 55 aftree, maar heel dikwels tree hulle reeds op ouderdom 60 af, met die minderheid wat werk tot 65.
Hoewel aftrede deel is van ’n samelewing se siklus, hoef dit nie die einde te wees van jou onderwysloopbaan nie.
Ons almal weet die lewe is duur en almal het steeds uitgawes wat gedek moet word. WolkskoolDirek bied dus die perfekte oplossing om steeds ’n inkomste te genereer in ’n seisoen van afskaal.
Onderwysers bring steeds hulle kosbare vaardighede tafel toe, en ons leerders kry gehalte-onderrig.
Begin en bemark vandag nog jou eie besigheid
Met WolkskoolDirek bou en bemark jy jou eie tutorbesigheid op jou eie voorwaardes.
Dit bied ’n professionele aanlyn platform waar jy jou lesse kan aanbied en jou eie reëls stel.
Jy kry volle beheer oor jou tariewe, skedule en inhoud, terwyl maklike betalingstelsels jou help om jou inkomste doeltreffend te bestuur.
Bemark jou sessies deur sosiale media, e-pos of selfs mondelings en kyk hoe jou besigheid groei. Hoe meer jy insit, hoe groter is die sukses!
WolkskoolDirek maak dit eenvoudig om jou passie vir onderwys in ’n lewensvatbare besigheid te verander – vinnig, maklik en met jou unieke styl.