Die veelsydigheid en vele geure van quinoa

Die veelsydigheid en vele geure van quinoa

Die klein saadjies kan soos rys gekook of fyngemaal word en het ’n effens neuterige smaak. Dié graan word in ontbytgrane, bykosse, pasta en ander resepte aangetref.

Dit is maklik om voor te berei en smaak hemels as dit met kruie, speserye en ander smaakmiddels – selfs tee – sout of soet gegeur word. Dit kan byvoorbeeld in vanieljegegeurde rooibostee in plaas van water gaargemaak word.

Benewens die verskeidenheid bedieningsopsies staan dié lae-GI-graan as ’n “superkos” bekend as gevolg van die gesondheidsvoordele wat dit inhou. Quinoa is glutenvry en bevat meer vesel as die meeste graansoorte. Dit is ook hoër in B-vitamiene as gars, rog, rys en koring.

Dit is ook ryk aan anti-oksidante, bevorder gesonde cholesterol en bloeddruk, en word as die perfekte bron van plantaardige proteïne beskou omdat dit al nege essensiële aminosure verskaf. Dit is ideaal vir mense wat minder vleis wil eet.

Om quinoa deel te maak van ’n slaai of groentedis is die ideale manier om ’n gebalanseerde bord kos voor te sit – selfs vir middagete werk toe. Net omdat dit soos ’n graankos lyk, beteken nie dat dit nie ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Sesamsaad het wonderlike teenverouderings- en gesondheidsvoordele. Dit word nie verniet al vir duisende jare in volksgeneeskunde aangewend nie. Hierdie olieryke korreltjies is propvol vesel en ...

Rou kakao is propvol nutriënte en is gewoonlik in die meeste gesondheidswinkels beskikbaar. Dit gee die liggaam ’n hupstoot en stel goedvoelhormone vry. Cacao en ...

Scroll to Top