Die voordele en nadele van cholesterolmedikasie

Die voordele en nadele van cholesterolmedikasie 

Daar is verskeie risikofaktore wat jy in ag moet neem voordat jy besluit of jy medikasie vir cholestrol gaan gebruik of nie. 

Statien verlaag cholesterol en spesifiek dan die laedigtheid-lipoproteïen (LDL). Dit blok die substans wat jou liggaam nodig het om cholesterol te maak.

Daar is verskeie middels op die mark en soms word ’n statien met ’n ander cholesterolverlagende middel gekombineer. Navorsing wys dat statiene meer doen as om net cholesterol te verlaag.

Dit kan ook ’n hartaanval, veral tussen die ouderdom van 40 en 75 jaar voorkom. ...

Daar is verskeie risikofaktore wat jy in ag moet neem voordat jy besluit of jy medikasie vir cholestrol gaan gebruik of nie. 

Statien verlaag cholesterol en spesifiek dan die laedigtheid-lipoproteïen (LDL). Dit blok die substans wat jou liggaam nodig het om cholesterol te maak.

Daar is verskeie middels op die mark en soms word ’n statien met ’n ander cholesterolverlagende middel gekombineer. Navorsing wys dat statiene meer doen as om net cholesterol te verlaag.

Dit kan ook ’n hartaanval, veral tussen die ouderdom van 40 en 75 jaar voorkom. Om die voordele af te speel teen moontlike nadele word die volgende riglyne tans gebruik om voorskryf van ’n statien te oorweeg.

Jou individuele kardiovaskulêre-risiko en cholesterol waardes. Jou dokter gaan die risikofaktore in ag neem en dan gaan hy die Framingham-risikopuntekaart gebruik. Dit dra by tot die besluit of jy kwalifiseer om ’n statien te gebruik. Jou totale cholesterol moet verkieslik laer as 5,2 wees.

Jou LDL, die sogenaamde “slegte” cholesterol, moet minder as 3,4 wees en indien jy ’n hartaanval gehad het onder 2,7 mmol/L. Die belangrikste faktor wat in ag geneem moet word, is jou langtermyn-risiko om ’n kardiovaskulêre insident te hê.

Jou ouderdom, geslag en ander getalle en waardes is nodig om jou risiko te bepaal. Die American Heart Association beveel aan dat mense met ’n verhoogde 10 jaar risiko vir ’n hart aanval, of wat ’n kardiovaskulêre siekte het of ’n hartaanval gehad het asook diabete oorweeg moet word vir ’n statien.

Maak seker jy toets jou cholesterol en bespreek met jou dokter die voordele en nadele van die statiene. Praat ook oor jou unieke risiko.

Deel die artikel

Méér artikels

DR. ELLENORE MEYER verduidelik hoe die regte gedagtes en ingesteldheid jou kan help om gewig te verloor, gesond te bly en langer te leef. Die ...

Plastiese chirurgie is lankal nie meer eksklusief beskikbaar vir ’n uitgesoekte handjievol persone nie. Vandag is Botox so algemeen soos ’n facial. Jy het seker ...

Scroll to Top