Maak jou seksuele gesondheid ‘n prioriteit

Maak jou seksuele gesondheid ’n prioriteit

Seksualiteit is deel van ons fisieke en emosionele welstand, tog is vroue dikwels skaam om met hulle dokter hieroor te gesels.

Seks is iets waaroor jy gemaklik mag voel. Indien jy kwelvrae het oor jou seksuele gesondheid of vermoë om dit te geniet, kry iemand met wie jy hieroor kan gesels.

Daar is verskeie redes om dié onderwerp met jou dokter te bespreek. Byvoorbeeld, wanneer omgang pynlik of selfs onmoontlik is as gevolg van ongemak.

Jy het waarskynlik net ’n smeerjel of -vloeistof nodig, maar indien dit nie die ...

Seksualiteit is deel van ons fisieke en emosionele welstand, tog is vroue dikwels skaam om met hulle dokter hieroor te gesels.

Seks is iets waaroor jy gemaklik mag voel. Indien jy kwelvrae het oor jou seksuele gesondheid of vermoë om dit te geniet, kry iemand met wie jy hieroor kan gesels.

Daar is verskeie redes om dié onderwerp met jou dokter te bespreek. Byvoorbeeld, wanneer omgang pynlik of selfs onmoontlik is as gevolg van ongemak.

Jy het waarskynlik net ’n smeerjel of -vloeistof nodig, maar indien dit nie die probleem oplos nie, maak seker dat jy by ’n kundige uitkom.

Wat as jy met ’n lae seksdrang sukkel? Om vir ’n tydperk ’n verlaagde libido te hê, is normaal.

Ons almal ervaar stres en tye wanneer die kinders ons snags wakker hou. En dan is dit moeilik om oor dinge soos seks te dink.

Maar wanneer dit te lank aanhou, moet jy jou dokter raadpleeg. Daar is verskeie fisieke en emosionele oorsake vir ’n lae libido, onder meer skildklier- of hormonale probleme, medikasie, menopouse of swangerskap.

Kry mediese advies as jy ’n ongewone afskeiding het of bekommerd is dat jy dalk ’n seksuele oordraagbare siekte opgedoen het.

Dit is ook belangrik dat jy by jou dokter uitkom as julle ’n gesin beplan of om te praat oor voorbehoeding.

Daar is vandag verskeie opsies vir vroue beskikbaar. Van ’n langtermynvoorbehoed-opsie soos die Implanon wat in jou arm gedra word, verskeie pille en inspuitbare stowwe tot ’n Mirena wat jy via jou serviks in jou baarmoeder kan laat plaas.

Bespreek met ’n mediese praktisyn die regte opsie vir jou.

Deel die artikel

Méér artikels

DR. ELLENORE MEYER verduidelik hoe die regte gedagtes en ingesteldheid jou kan help om gewig te verloor, gesond te bly en langer te leef. Die ...

Plastiese chirurgie is lankal nie meer eksklusief beskikbaar vir ’n uitgesoekte handjievol persone nie. Vandag is Botox so algemeen soos ’n facial. Jy het seker ...

Scroll to Top