Maak jou seksuele gesondheid ‘n prioriteit

Maak jou seksuele gesondheid ’n prioriteit

Seksualiteit is deel van ons fisieke en emosionele welstand, tog is vroue dikwels skaam om met hulle dokter hieroor te gesels.

Seks is iets waaroor jy gemaklik mag voel. Indien jy kwelvrae het oor jou seksuele gesondheid of vermoë om dit te geniet, kry iemand met wie jy hieroor kan gesels.

Daar is verskeie redes om dié onderwerp met jou dokter te bespreek. Byvoorbeeld, wanneer omgang pynlik of selfs onmoontlik is as gevolg van ongemak.

Jy het waarskynlik net ’n smeerjel of -vloeistof nodig, maar indien dit nie die probleem oplos nie, maak seker dat jy by ’n kundige uitkom.

Wat as jy met ’n lae seksdrang sukkel? Om vir ’n tydperk ’n verlaagde libido te hê, is normaal.

Ons almal ervaar stres en tye wanneer die kinders ons snags wakker hou. En dan is dit moeilik om oor dinge soos seks te dink.

Maar wanneer dit te lank aanhou, moet jy jou dokter raadpleeg. Daar is verskeie fisieke en emosionele oorsake vir ’n lae libido, onder meer skildklier- of hormonale probleme, medikasie, menopouse of swangerskap.

Kry ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is verskeie risikofaktore wat jy in ag moet neem voordat jy besluit of jy medikasie vir cholestrol gaan gebruik of nie. Statien verlaag cholesterol ...

Dit is belangrik dat ons ons dogters leer om positief en opgewonde te wees oor vrouwees en normale vroulike ontwikkeling. Wanneer jou meisiekind puberteit bereik, ...

Scroll to Top