Nuwe jy-finalis 2023

Lonita Strydom, 47, boekhouer, het 14.8 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor …

My hele perspektief het verander. Ek kyk nou na die wêreld deur ’n rooskleurige bril. Elke dag voel soos Vrydag. Daar is nie meer blou Maandae nie.

Wie sou ooit kon dink dat om gewig te verloor en meer oor jouself te leer, so ’n groot impak op jou psige kan hê. Dis wonderlik om minder geïrriteerd met myself en ander mense te wees, en ek het baie meer geduld.

Ek het geleer om op te hou leuens oor myself glo. Dat ek nuwe waarhede moet uitspreek en lééf. Vroue is wonderbaarlik geskep. Ons is uniek en kosbaar, uitverkies, geliefd en sterk. Nooit weer gaan ek dink ek is net gemiddeld nie. Ek is soveel meer!

Ook, dat as jy beter verhoudings wil handhaaf, moet jy eerder fokus op die positiewe aspekte. Laat gaan dít wat jou terughou en waaraan jy niks kan doen nie. Jy kan nie iemand anders verander nie. Kyk eerder na jouself.

En wat kos betref… dis so bevrydend! Danksy hierdie program wat ʼn leefstyl geword het,  het kos nie meer ’n houvas soos voorheen nie.

Die mag is nou terug in my hande.

Die Nuwe jy-program word geborg deur

SLENDER WONDER – ‘n mediese gewigsverliesprogram

Vir meer inligting oor

Nuwe jy se jaarlikse 60 dae-uitdaging (Februarie en Maart),

kliek op nuwejy.co.za/60-dae-uitdaging.