Nuwe-jy-finalist-Madelene-van-Heerden_result Nuwe Jy 60 dae uitdaging 60 Dae uitdaging Nuwe Jy Slender Wonder

Goeie beplanning is een van die belangrikste sleutels tot sukses.

Nuwe jy-finalis 2023

Madelene van Heerden, 38, besigheidsvrou, het 16.2 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor ...

Ek het sommer vooraf geweet: Hiérdie gaan een van die grootste toetse wees. Sukses gaan afhang van hoe graag ek my doelwit wil bereik.

Dit was aan die begin van die skoolvakansie toe ons hele familie saam vir ’n naweek weggegaan het na ’n lodge toe. Almal het die heeltyd geëet en gekuier en ek moes kophou en mooi dink wat ek in my mond gaan sit en wat nie.

Was ek bereid om al die harde werk tot niet te laat gaan vir ’n stukkie kortstondige plesier? Want dit vat jou liggaam drie dae om weer op koers te kom. 

Soms was dit moeilik. Die pizza, tjoppies en braai-ontbyte het vreeslik lekker gelyk, maar ek is dankbaar dat ek kon kophou en op die einddoel konsentreer. Die resultate het alles die moeite werd gemaak.

Hierdie reis is lewensveranderend. Ek sukkel nog om te registreer dat dit werklik die nuwe ek is – van ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Nuwe jy-finalis 2023 Carien Yzelle, 32, fisioterapeut, het 11.6 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor … As ma van ’n ...

Nuwe jy-finalis 2023 Lonita Strydom, 47, boekhouer, het 14.8 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor … My hele perspektief het ...

Scroll to Top