Ek was vir jare ’n partytjiemens

Ek was vir jare ’n partytjiemens

ROZANNE MCKENZIE se hart was stukkend. Sou alkohol die las kon verlig? Dit het tyd geword om te kies. Elke keuse is ’n oomblik wat haar lewe herdefinieer.

Neem die besluit om nugter te wees

Ek was vir jare ’n partytjiemens. Hard gewerk in die week tot Saterdagaande toe. Dan was dit tyd vir skoene uitskop en ontspan.

Uiteet saam met Chris. ’n Paar drankies geniet saam met vriende. Lag en kuier tot die hane kraai.

Elke Sondagoggend was ook dieselfde. Babelaas. Daardie wakkerskrik ...

ROZANNE MCKENZIE se hart was stukkend. Sou alkohol die las kon verlig? Dit het tyd geword om te kies. Elke keuse is ’n oomblik wat haar lewe herdefinieer.

Neem die besluit om nugter te wees

Ek was vir jare ’n partytjiemens. Hard gewerk in die week tot Saterdagaande toe. Dan was dit tyd vir skoene uitskop en ontspan.

Uiteet saam met Chris. ’n Paar drankies geniet saam met vriende. Lag en kuier tot die hane kraai.

Elke Sondagoggend was ook dieselfde. Babelaas. Daardie wakkerskrik in ’n waas met ’n kloppende hoofpyn. Moeg en sat nog voor die nuwe week begin het.

Genoeg is genoeg.

Dit was kort voor die feestyd toe die besluit geneem is. Die tyd het aangebreek om ’n “droë Desember” uit te toets. Dit beteken: geen alkohol in die maand van vakansie en feesvier nie.

’n Ander oorweging: Dalk sou so ’n gesondheidsbesluit my selfs kon help om weer swanger te raak? Ons het toe al vir geruime tyd probeer vir ’n tweede kind, maar tevergeefs.

Daar was baie partytjies, afskeidsgesellighede, hope versoekings … maar die vasberadenheid om by my voorneme te hou, het telkens gewen. Nie ’n druppel alkohol was welkom oor dié lippe nie.

Toe ons weer sien, was die swangerskapstoets positief. Jippie! Die lewe was ’n lied.

Aan die begin is alle babas mos stroopsoet. Drink en slaap soos ’n droom, maar op ’n dag het Fallon net uit die bloute losgetrek en begin skree.

Dae het weke en later maande geword. En ek ’n wrak. Iemand wat in ontkenning begin leef het.

Wanneer dit goed gaan, vergeet ons mos so ’n bietjie van die Here.

Totdat ’n krisis tref.

In hierdie stikdonker tyd van my lewe het ek baie met Hom gepraat.

Drank het die potensiaal om ’n probleem te word

Ek het God gevra vir hulp. Gesmeek vir ’n uitkoms.

En toe gebeur dit op ’n tyd en plek – op my laagste laagtepunt – toe ek dit die minste verwag.

Die maklike uitweg uit hierdie gat sou wees om weer in ou patrone te verval. Om net weer ’n drankie of twee (of drie) te geniet. Alkohol is mos ’n vinnige en maklike manier van ontspan.

Drank was nie voorheen ’n groot probleem in my lewe nie, maar dit het die potensiaal gehad om een te word. ’n Kruk wat met tyd baie moeilik sou wees om van ontslae te raak.

Die verlies sou onberekenbaar groot gewees het. Chris, my kinders, werk, geloof … elke kosbare verhouding sou daardeur geraak en vernietig word.

Vandag dank ek die Here vir die nugterheid om dit te kon insien. Om diep geanker te kon bly, al het die woeste branders gedreig om my stukkend te slaan.

Die sterk fondasie van geloof is al vroeg gelê. Dit het my keuses in ’n bepaalde rigting gelei.

Deur elke storm was God my anker.

Dit weet ek vandag.

Daar is ’n paar belangrike lesse wat ek uit my donker tyd geleer het.

Geloof gaan jou deur die moeilike tyd dra. Hou vas daaraan.

Ek weet ook: ’n Mens is nooit alleen nie. Selfs al voel dit só. Daar is Iemand wat jou raaksien, wat omgee vir die mens wat jy is en die bydrae wat jy in hierdie wêreld kan lewer.

My roeping is om stories te vertel en daardeur ook my eie storie, sodat dit ander hoop kan gee en kan bemoedig.

Deel die artikel

Méér artikels

Aktrise ELMA POSTMA gesels oor die waarde van egtheid en selfaanvaarding. Ontdek hoekom dit belangrik is om jouself te wees. Buigsaam dink, eg leef: Hoe ...

ANNA DAVEL staan elke dag op om al die nuwe geleenthede wat na haar kant toe kom, aan te gryp. Elke nuwe ervaring help haar ...

Scroll to Top