
Getroud wees verg harde werk
- Gelukkig getroud
- Vertaal en verwerk uit How changing yourself can change your marriage (Karla Downing) deur Ilze Ludick.
Die huwelik is die wonderlikste verhouding waarin jy kan wees. Hoe maak jy seker dat dit nie ’n ontnugtering is nie?
Elke huwelik is anders – vind wat werk vir julle
Vriende en familie moedig jou in jou alleenloperdae aan om te trou, tot die dag waarop jy die knoop vasmaak.
Skielik word elke goeie wens gevolg deur ’n waarskuwing: “Onthou, trou is nie perdekoop nie!” Dan begin jy wonder waarvoor jy jou ingelaat het.
Omdat baie mense teleurgesteld is met hulle eie huwelik, voel hulle dis hulle plig om ander te waarsku. ’n Mens moet die huwelik oopkop en met realistiese verwagtings binnegaan, maar moenie dat ander jou pret bederf nie.
“Elke mens en elke verhouding is anders,” sê Philip du Toit, ’n huweliks- en gesinsberader. “En jou verwagtings oor die huwelik sal afhang van jou eie volwassenheid, aanvaarding van jouself en jou verwysingsraamwerk,” verduidelik hy.
Jy gaan nie noodwendig vandag dieselfde voel as môre nie. “Jy dink anders oor die lewe op dertig as op veertig en ontdek ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Al ooit gewonder waarom julle meer soos opponente in ’n bokskryt as vennote in ’n huwelik voel? Die oplossing is – verstaan mekaar, en vier ...
Hoeveel keer doen jy iets omdat jou ma dit altyd so gedoen het? Ons ouers se voorbeeld het ’n blywende invloed, ook op ons verhoudings. ...