![Help, my kind is in graad 8! [Vennoot]](https://voelgoed.co.za/wp-content/uploads/2025/01/Help-my-kind-is-in-graad-8_result-1024x536.webp)
Help, my kind is in graad 8!
- Aanlyn onderwys-vennoot
- Skoleondersteuningsentrum SOS
Met ’n knop in jou keel (of dalk ’n sug van verligting?) kyk jy toe hoe jou kind met ’n oorgroot skooltas en ’n mengsel van opwinding en angs op hulle gesig by die hoërskool instap. “Hoe het ons hier gekom, en so vinnig?” wonder jy. Die oorgang na graad 8 is ’n groot mylpaal – vir jou kind én vir jou. Moet jou nie bekommer nie; met jou (en Wolkskool) se ondersteuning kan hierdie jaar minder oorweldigend wees, en dalk selfs vol spesiale oomblikke van pret en saam groei.
Maak jou kind vooraf gemaklik met sy nuwe omgewing
Die hoërskool voel dikwels soos ’n groot doolhof – nuwe onderwysers, groter klasse en ’n terrein wat soos ’n klein dorp lyk.
Hierdie onbekendheid kan oorweldigend wees, maar met ’n bietjie voorbereiding kan jy jou kind help om meer selfversekerd te wees.
Indien moontlik, beplan ’n voorafbesoek aan die skool. Loop saam deur die gange, en kyk saam waar belangrike plekke soos die klaskamers, die snoepie en toilette is.
Dit sal nie net oriëntering verbeter nie, maar ook verleentheid voorkom – soos ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Help jou kind om vroegtydig met eksamenvoorbereiding te begin. Net soos ’n nuwe oefenprogram is die eerste tree gewoonlik die moeilikste. Moedig hom aan om ...
Wolkskool is ’n aanlyn leerplatform, ontwikkel deur Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat leer maklik maak. Hier leer kinders nie net feite nie, maar ook geloof, waardes ...