Help! My kinders verskil
Net een deksel pas perfek op een spesifieke pot, ongeag hoe hard jy druk of hoe eenders die deksels lyk. Dieselfde is waar van ons kinders.
Ek wonder dikwels hoe dit moontlik is dat twee kinders met dieselfde pa en ma en wat in dieselfde huis grootword, soos dag en nag kan verskil.
Dawid beskryf dit mooi in Psalm 139 waar hy sê: “U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm.” Wat ’n fantastiese beeld van hoe ons elkeen uniek gemaak is.
Net soos elke potjie sy eie deksel het wat presies pas, so moet ouers elke kind anders benader, hanteer en dissiplineer.
Elke optrede gee ’n leidraad
Dit is makliker gesê as gedaan. Ons bloedjies word tog nie gebore met ’n gids wat hulle temperament en persoonlikheid verduidelik of die liefdestaal wat hulle die beste pas nie. Die kind se posisie in die gesin speel ’n rol. Ouers is dikwels geneig om te identifiseer met die een wat dieselfde posisie in die gesin het as wat hy of ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sal jou kind eerder honger gaan slaap as om kos te eet waarvan hy nie hou nie? Gelukkig is daar hoop vir sulke eiesinnigheid. Weet ...
As mamma en vrou hou ons die atmosfeer in die huis in ons hande en ons stemtoon vas. ’n Kalm ouer, het ’n groot uitwerking ...