HOE OM… te weet wat God se wil is
Moet jy ’n belangrike besluit neem? Miskien lê jy snags wakker daaroor. LIESEL KRAUSE-WIID gee riglyne oor hoe jy kan weet wat God se wil is en wat Hy vir jou wil hê.
Jy hoef net te vra dat Hy jou met die groot besluit sal help omdat jy nie jou eie kop wil volg nie, maar Hom tevrede wil stel. Vra leiding en glo jy sal berusting kry oor hierdie besluit.
Bid en lees die Bybel om God se wil te verstaan
Jy kán daardie vrede kry wat alle verstand te bowe gaan.
In Johannes 14:27 staan daar: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”
Wat jy nodig het, is iets wat vir altyd sal bly: vrede te midde van jou omstandighede. Daardie rustigheid om te weet dat ongeag wat met jou gebeur, daar altyd Iemand is wat na jou kyk en vir jou sorg.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis moeilik om God te verstaan. Soms wens ons, soos JANINE VAN NIEKERK, Hy kan ’n e-pos stuur om die lewe presies te verduidelik. Die ...
Maak jy ’n verskil in hierdie stukkende wêreld? Liefde is ’n werkwoord, sê LIESEL KRAUSE–WIID. Wys hoeveel jy omgee, ongeag jou eie pyn. Wys jou ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!