
Hoekom jy sukkel om gewig te verloor
- Dieet
- Carina Fourie
Al doen jy die regte dinge en eet jy regte kos, kan sekere slegte gewoontes jou pogings om gewig te verloor in die wiele ry.
Die eerste is te min slaap of ’n slegte nagrus. Navorsing toon dat volwassenes wat minder as ses uur per nag slaap, meer gereeld honger voel en verhoogde aptyt het. ’n Gebrek aan slaap vertraag jou spysvertering en laat jou na ongesonde, soet eetgoed smag.
Vitamiene en minerale is noodsaaklik vir jou metabolisme. Behalwe vir stadige gewigsverlies kan tekorte jou aptyt verhoog en jou energie verminder. ’n Lae energievlak kan ’n mens ook makliker laat swig voor slegte keuses as dit by peuselhappies kom.
Mense wat heeldag niks eet nie, kan steeds met hulle gewig sukkel. Die rede is dat hulle in plaas van om te eet, drankies drink wat hoog is in energie – gewoonlik in die vorm van suiker.
’n Glas sap kan gelykstaande wees aan twee snye brood terwyl 450 ml gewone gaskoeldrank tot vier snye brood se energie kan verskaf. Sommige van ons drink weer baie koffie. Met suiker en melk is vyf koppies koffie gelykstaande aan ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ons weet nie altyd regtig wát ons eet nie. Die oplossing is om wanneer ons koop, produketikette versigtig te bestudeer en bestanddeelkodes te ontleed. Daar ...
Vitamien D is een van die voedingstowwe waarvan ons maklik vergeet aangesien ons in sonnige Suid-Afrika bly. Vir jare het ons aangeneem dat ons nie ...