Kry jou daaglikse dosis vitamien D
- Dieet
- Carina Fourie, dieetkundige
Vitamien D speel ’n baie belangrike rol in talle liggaamsprosesse en werk amper soos ’n hormoon. Elke sel in jou liggaam het ’n reseptor vir vitamien D, wat deur cholesterol vervaardig word sodra jou vel aan sonlig blootgestel word.
’n Studie wat in ’n Amerikaanse joernaal vir voeding gepubliseer is, het getoon dat vroue wat oefen en gesond eet en ’n vitamien D-aanvulling neem, beter gewig verloor het as diegene wat op dieselfde dieet en oefenprogram was, maar geen aanvulling gekry het nie.
Dié vitamien is ook noodsaaklik vir beengesondheid. Daarsonder kan jou liggaam nie kalsium absorbeer nie. Neem ’n kalsiumaanvulling wat ook vitamien D bevat of gebruik die twee saam in afsonderlike produkte.
Daar is ook bewys dat ’n gebrek aan vitamien D moontlik ’n rol speel in depressie, insulienproduksie, vetverbranding, verhoogde bloeddruk, asma by kinders en kanker, om net ’n paar te noem. Voldoende vlakke kan infeksies soos verkoue en griep voorkom.
Laat jou bloed toets indien jy erge moegheid, spierpyne, herhaaldelike infeksies, beenof rugpyn of haarverlies ondervind. Indien die uitslag toon dat jou vlak laag is, word ’n vitamien D3-aanvulling aanbeveel vir daaglikse ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Slender Wonder se mediese gewigsverliesprogram bied ’n holistiese benadering tot gewigsverlies wat nie net blywende resultate sal lewer nie, maar ook jou lewe sal verander. ...
Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. As jy die woord dieet ...