Hulp vir Christene wat bedreig word in gevaarlike lande [Promosie]

Hulp vir Christene wat bedreig word in gevaarlike lande [Promosie]

Geopende Deure is ’n internasionale, niewinsgewende organisasie wat bystand lewer aan miljoene Christene reg oor die wêreld wat weens hulle geloof vervolg word.  

God se stem kan nie stil gemaak word nie 

Die vervolging van Christene raak al erger en versprei teen ’n skrikwekkende tempo, soos in Noord-Korea, die gevaarlikste plek in die wêreld om Jesus te volg.

Ji Ho (skuilnaam), ’n jong Christen-vrou van Noord-Korea, se pa is in haar kinderdae gevange geneem nadat die polisie ’n Bybel gevind het wat in die tuin begrawe was. ...

Geopende Deure is ’n internasionale, niewinsgewende organisasie wat bystand lewer aan miljoene Christene reg oor die wêreld wat weens hulle geloof vervolg word.  

God se stem kan nie stil gemaak word nie 

Die vervolging van Christene raak al erger en versprei teen ’n skrikwekkende tempo, soos in Noord-Korea, die gevaarlikste plek in die wêreld om Jesus te volg.

Ji Ho (skuilnaam), ’n jong Christen-vrou van Noord-Korea, se pa is in haar kinderdae gevange geneem nadat die polisie ’n Bybel gevind het wat in die tuin begrawe was. Hy het hierna spoorloos verdwyn – ’n angswekkende ervaring wat sy tot vandag onthou.

Sy lig skyn selfs in die donkerste plekke 

Raak betrokke. 

Jy kan ’n verskil maak in gelowiges se lewens. Kliek hier om saam vir hulle te bid en ’n gebedsvennoot van Geopende Deure te word.

Raak-betrokke,-geopende-deure_result

Ji Ho het jare later ’n wonderlike ontdekking gemaak en besef dat God altyd by haar is en haar beskerm.

Sy luister elke aand in die geheim na haar pa se radio, desperaat vir nuus oor kos. Eendag het ’n nuwe stem die luggolwe onderbreek.

“Julle is die sout van die aarde,” het die radiostem gesê. “Dit is die woorde van Jesus, en dit herinner

ons daaraan dat ons nooit ons liefde vir ander moet verloor nie.”

Hulp en ondersteuning om elke dag te oorleef 

Ji Ho het hierna haar lewe vir Christus gegee. Maar net soos die beraamde 400 000 gelowiges in Noord-Korea, moet haar geloof ’n geheim bly.

Danksy Geopende Deure-ondersteuners word Noord-Koreaanse Christene aan die lewe gehou en ontvang hulle geestelike ondersteuning.

Geïsoleerde gelowiges het gebede en ondersteuning nou meer as ooit nodig vir hulle oorlewing en om Jesus in die donkerste plekke te volg. Jou gebede maak ’n verskil!

Jy kan ’n verskil maak in gelowiges se lewens. 
Kliek hier om saam vir hulle te bid en ’n gebedsvennoot van Geopende Deure te word.

Deel die artikel

Méér artikels

Die soektog na betekenis is ’n reis. JO VAN DER MERWE deel hoe haar soeke na haarself haar gelei het na ’n doel, aanvaarding en ...

BERTHA DU PLESSIS, weduwee van die voormalige krieketspeler Hansie Cronjé, deel haar storie van verlies en die tweede kans op liefde wat nuwe lewe gebring ...

Scroll to Top