Verlamming het my van ’n afgrond gered
- Hoopstories
- Martelize Brink, aanbieder en vervaardiger by RSG Uit: Wanneer jy voel jy wil opgee
Ek het die gebruik van my bene verloor. My toekoms gaan afhang van hoe ek met hierdie wrede werklikheid gaan saamleef. Want ek wil nie méér verloor nie.
’n Normale lewe lei, al is dit met beperkings
Ek sal planne moet maak om so onafhanklik moontlik met my lewe aan te gaan. En dit begin vandag! Elke klein dingetjie wat ek tot in daardie stadium vir myself probeer doen het, was ’n uitdaging. Ek moes innoverend raak om doodgewone dinge baas te raak.
Miskien kan ek tog ’n normale lewe lei, selfs al is dit met beperkings. Ek is tog baie meer as net ’n meisie in ’n rolstoel.
Net nadat ek onverwags lam geword het, het niemand in ons gesin geweet hoe om dit te hanteer nie. My broer moes my help om in die bad te kom. Nee! besluit ek. Dit gaan nie werk nie. Ek moet sélf in die bad kom.
Toe ek die beskerming van my ouerhuis verlaat en teruggaan skool toe, besef ek dat dit nooit maklik sal wees nie. Natuurlik is almal nuuskierig oor my ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Ons is hier op aarde om God te dien”, het my ma my van kleins af geleer. “Jy moet goed wees vir ander, maar jy ...
Geopende Deure is ’n internasionale, niewinsgewende organisasie wat bystand lewer aan miljoene Christene reg oor die wêreld wat weens hulle geloof vervolg word. God se ...