Is jy by ’n keerpunt in jou lewe? 

Vra jy jou af: “Wat moet ek met my lewe doen?” of “Wat is die beste volgende stap vir my?”
Dit is so belangrik om ’n bietjie tyd te vat om strategies te beplan, sodat jy met oorgawe ’n lewe kan skep waaroor jy goed voel en wat werklik betekenisvol is.

Is hierdie werkswinkel vir jou? Ontdek die voordele 

Om jou volle potensiaal te bereik! 

Kry by van die beste kundiges, lewensafrigters en motiveringsprekers die motivering, praktiese raad en strategieë om sukses te behaal en jou beperkende gedagtes ...

Vra jy jou af: “Wat moet ek met my lewe doen?” of “Wat is die beste volgende stap vir my?”
Dit is so belangrik om ’n bietjie tyd te vat om strategies te beplan, sodat jy met oorgawe ’n lewe kan skep waaroor jy goed voel en wat werklik betekenisvol is.

Is hierdie werkswinkel vir jou? Ontdek die voordele 

Om jou volle potensiaal te bereik! 

Kry by van die beste kundiges, lewensafrigters en motiveringsprekers die motivering, praktiese raad en strategieë om sukses te behaal en jou beperkende gedagtes te oorkom. Ontdek hoe om jou volle potensiaal te bereik en stappe te doen om jou doelwitte te bereik! 

Méér sin, betekenis en ’n vervulde lewe! 

Dalk het jy ’n goeie werk en ’n dak oor jou kop, maar jy wil in die oggend net die snooze-knoppie druk. Die #Keerpunt-werkswinkel bied jou die gereedskap wat jy nodig het om uit jou groef te kom, en ’n lewe van vervulling te bou wat jy begeer. 

Oorkom onsekerheid, vrees of selftwyfel! 

Vermy jy belangrike besluite, twyfel aan jouself of word emosioneel gevange gehou waar sukses lyk asof dit onmoontlik is? Kry praktiese stappe om blokkasies soos beperkende oortuigings, selftwyfel, en emosionele bagasie te oorwin. 

Registreer vir die #KEERPUNT aanlyn-werkswinkel!

Kaartjies beskikbaar vanaf R99 Voelgoed Media se #Keerpunt-werkswinkel vir jou is spesifiek saamgestel vir vroue om uit te vind wáár jy in jou geloof, huwelik, ouerskap, gesondheid en loopbaan wil wees – en hóé om daar te kom!

Registreer vir die #KEERPUNT aanlyn-werkswinkel!

Lewensafrigters en motiveringsprekers wat jou gaan inspireer 

Hoe die sielkunde van verandering werk 
Die rede waarom voornemens misluk, het niks te doen met hoe hard jy werk of hoe slim jy is nie, maar eerder die manier waarop jou brein jou van sukses weerhou. Jy moet leer hoe om die beperkende oortuigings te oorbrug wat jou verhinder om jou potensiaal ten volle te verwesenlik.
Lynette Beer – Verhoudingskenner en motiveringspreker 

Ontsluit jou volle potensiaal vir blywende groei 
Om in jou eie vermoëns te glo is die sleutel om jou doelwitte te stel en te bereik! Identifiseer eers struikelblokke soos bedrieërsindroom, samelewingsverwagtinge en interne twyfel wat jou vordering kan belemmer. Ontwikkel dan strategieë om jou selfvertroue te bou, insluitend tegnieke vir doelwitstelling, visualiseringsoefeninge en positiewe bevestigings. 
Dr. Catherine van Heerden – Lewensafrigter en sielkundige 

Wanneer dit voel of jou geloof gestagneer het 
Blyk dit dat die dinge waaroor jy gedroom het, net nie gebeur nie? Die stem van die vyand kan so maklik aan jou geloof knaag, en jou vreugde steel … Plaas jou geloof altyd in God, onthou daar is ’n vasgestelde tyd waar Hy alles mooi laat bymekaarkom! 
Karien Basson – Skrywer en motiveringspreker 

Vrouwees behels soveel uitdagende rolle! 
Vroue bestuur dikwels ’n netwerk van verantwoordelikhede, wat professionele pligte, versorgingsrolle en persoonlike verpligtinge insluit. Dit kan tot stres lei, veral as jy daarna streef om al jou verwagtinge te bereik! Deur na harmonie eerder as perfeksie te soek, bou jy ’n gevoel van eiewaarde wat jou in staat stel om in elke rol te floreer! 
Rhona Erasmus – Entrepreneur en motiveringspreker 

Misverstande laat jou en jou maat baklei 
Om te stry en te baklei is algemeen vir baie paartjies, ons wil hê dinge moet glad verloop. Die waarheid is dat probleme nie die probleem is nie. Om dit nie te kan oplos nie, is die probleem! Miskien is dit die gebrek aan gesonde kommunikasievaardighede wat veroorsaak dat paartjies nie daarin slaag om in mekaar se behoeftes en verwagtinge te voldoen nie. 
Aletté Winckler – Skrywer en motiveringspreker 

Kinders grootmaak sonder raas en skree 
Ouers weet ons moet nie op ons kinders skree nie, maar iewers langs die pad begin almal dit doen …  Die belangrikste is om warmte en sekuriteit in julle verhouding te skep, sodat die kinders graag wil saamwerk en luister. Maak dan seker dat jy instruksies op ’n duidelike en konsekwente manier gee, sodat jou kind dit makliker kan verstaan en volg! 
Dr. Serahni Symington – Ouerskapkenner en spelterapeut 

Maak jou planne en doelwitte ’n realiteit 
Daar is ’n regte en verkeerde manier om jou doelwitte te stel – dit is die verskil tussen diegene wat blywende verandering bewerkstellig teenoor diegene wat op hulle ou wyse van doen terugval. Leer die doelwitstellingmetode wat die top 1% van suksesvolle mense gebruik om byna nooit hulle teikens te mis nie – en hoe dit jou sukses op enige gebied kan verseker! 
Dr. Gustav Gous – Leierskapafrigter en spreker 

Wanneer emosies jou laat eet en eet … 
Emosionele eters gebruik kos as ’n manier om gevoelens te bestuur, eerder as om honger te stil – dit lei dikwels tot verskeie gesondheid- en gewigsprobleme. As jy verstaan wat jou negatiewe emosies veroorsaak, kan jy leer hoe om jou gevoelens te bestuur in plaas daarvan om hulle te onderdruk deur te eet! 
Minette Visser – Gesondheidsafrigter en Nuwe jy-mentor

Die nuwe (onbekende) wêreld van werk 
Die reëls van werk het verander, en as jy steeds volgens die ou reëls werk, sal jy misluk. In vandag se wêreld van werk is niks meer seker nie … Daar is net een manier om dit te hanteer, wat ’n uitdaging kan wees om mooi te verstaan en jou dalk oorweldig kan laat voel! 
Dr. Marcel Hattingh – Besigheidskonsultant en leierskapafrigter 

Verander jou denke, verander jou lewe 
Dis belangrik om negatiewe gedagtes, gewoontes, en gedrag te oorkom om werklike verandering in jou lewe te bring. Sonder hierdie stappe sal dit moeilik wees om regtig vordering te maak. Leer hoe om jou vrese uit te roei, jou denke te herprogrammeer en selfvertroue te ontwikkel om sukses in elke aspek van jou lewe te behaal! 
Eloise Cupido – Aktrise en radio-omroeper 

Kaartjies beskikbaar vanaf R99 
Voelgoed Media se #Keerpunt-werkswinkel vir jou is spesifiek saamgestel vir vroue om uit te vind wáár jy in jou geloof, huwelik, ouerskap, gesondheid en loopbaan wil wees – en hóé om daar te kom!

Deel die artikel

Méér artikels

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Scroll to Top