Ja, jy kan … jouself omring met mense wie jou motiveer

Ja, jy kan … jouself omring met mense wie jou motiveer

Omring jouself met mense wat jou in ’n positiewe rigting aanspoor en jou motiveer om jou potensiaal te verwesenlik, sê MAGTELD ARNOLD. 

Iemand wat jou inspireer en eerlike insette gee 

Of dit nou is om gewig te verloor, by ’n oefenprogram te hou of van ’n slegte gewoonte ontslae te raak. Almal ken die nare gevoel wanneer jy nie by jou planne hou nie en die beste bedoelings platval.

Dis dan wanneer ons iemand nodig het wat ons kan help. Iemand wat ons inspireer, motiveer, aktiveer en ...

Omring jouself met mense wat jou in ’n positiewe rigting aanspoor en jou motiveer om jou potensiaal te verwesenlik, sê MAGTELD ARNOLD. 

Iemand wat jou inspireer en eerlike insette gee 

Of dit nou is om gewig te verloor, by ’n oefenprogram te hou of van ’n slegte gewoonte ontslae te raak. Almal ken die nare gevoel wanneer jy nie by jou planne hou nie en die beste bedoelings platval.

Dis dan wanneer ons iemand nodig het wat ons kan help. Iemand wat ons inspireer, motiveer, aktiveer en eerlike insette oor ons vordering lewer.

’n Aanspreeklikheidsvennoot sal jou help om die integriteit en waardes te reflekteer van die persoon in wie jý jouself wil verander.

Gedrag en doelwitte wat noukeurig dopgehou en gemonitor word, is die geheim vir doelgerigte uitkomste. Dit aktiveer jou deelname in die dinamiese proses van verandering. So ’n kultuur van bewusmaking maak ’n gewone vrou goed en ’n gedrewe vrou onkeerbaar!

Ons maak gewoonlik beter keuses en presteer op ’n hoër vlak as ons weet dat ander mense ons dophou. Wanneer jy aanspreeklik gehou word vir jou aksies en uitkomste, sal jy outomaties harder werk.

Jy smag dalk na ondersteuning om na die volgende vlak van jou lewe te beweeg. Jy kort ’n stewige vashouhand en ’n waaksame oog wat jou aanmoedig om die doelwit wat jy gestel het na te jaag en te bereik.

Gewoonlik sal jy jouself méér aanspreeklik hou as jy weet jy het jou hart en doelwitte met iemand anders gedeel.

’n Vriendin wie jou ondersteun en bystaan 

’n Mate van eienaarskap word bewerkstellig as daardie planne eers oor jou lippe gegly het. Die wete dat vordering en uitkomste nou verwag word, laat jou anders dink.

Die oomblik as jy rekenskap moet gee van doelwitte wat jy gestel het, ontstaan daar ’n gevoel van eienaarskap en word die proses versterk. Dit bewerkstellig die gevoel van “ek móét nou leef en uitvoer wat ek onderneem het”.

Nie net stel jy jouself teleur indien jy nie die resultate of uitkomste bereik nie. Maar nou word daar deur die fynkykbril van iemand anders na jou lewe gekyk. Iemand wat jy nie graag wil teleurstel nie omdat sy opreg belangstel.

Hierdie vennoot is ’n kosbare instrument om jou bewus te maak van en te herinner aan die gestelde doelwitte. Sy word as ’n klankbord gebruik vir die dinge waaroor jy droom.

Wanneer daar ekstern, deur die oë van ’n ander persoon, na ons vordering gekyk word, is die uitdaging groter om ons bes te doen. Ons wil mos nie graag ander mense teleurstel nie!

Jy kry die verantwoordelikheid om werk te maak van die dinge waarna jy streef, waarvoor jy droom en waarvoor jy hoop.

Idealistiese verwagtings word omgeskakel in realistiese verwagtings wat wag om tot uitvoering te kom.

Met ’n vennoot kry jy deurlopende, eerlike terugvoer van iemand wat jou belange op die hart dra. Iemand wat nie krities is of haarself verlustig in jou mislukkings nie.

Die beste hiervan is, jy is nie alleen nie. Oorwinning en mislukking word sáám met jou deur die ander persoon beleef.

Deel die artikel

Méér artikels

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Scroll to Top