Jy moet ook jouself kan vergewe

Jy moet ook jouself kan vergewe

Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.  

(1 Johannes 1:9) 

Ek het gesukkel om ander wat my te na gekom het, te vergewe, maar die een persoon wat ek net nie kon vergewe nie, was myself. Ek verdien elke stukkie hel, want ek het teen God se wil gegaan. Die Woord waarsku immers dat sonde skeiding bring tussen ons en God – daarom het Adam en Eva weggekruip. 

Van jongs af het ek ...

Van jongs af het ek lering ontvang in die Woord. Ná skool was Woordskool deel van die kursus by die Musiek-en-Dramaskool. Die Woord het skielik vir my ’n sweep geraak waarmee ek myself begin kasty het. Ja, Hy het my gered uit die mag van die dood, maar hoe raak ek ontslae van die skaamte en selfverwyt? 

Een Desembervakansie in die Kaap bel my jare lange hartsvriendin my. “Ons moet koffie.” Ons het mekaar lanklaas gesien. Sy kyk my stip in die oë en vra: “Hoe gaan dit werklik?” Soos gewoonlik haal ek die sweep uit en sê: “Die Here is goed vir my, maar ek betaal ’n duur prys vir my ongehoorsaamheid.” 

Sy kyk na my met die grootste deernis en sê: “Het jy enige idee hoe lief God jou het? Die prys is betaal! Dit het Jesus se ALLES gekos. Jy is vry! Jou trane is verby. Jy het klaar gehuil en God wag vir jou om dit te vat as jou eie.” 

Dit het my geskud. Ek het op ’n rots langs die see gaan sit en uitgepak voor die Here – vergifnis gevra vir my ongehoorsaamheid, ander vrygespreek en vir Hom dankie gesê dat Hy my skoonwas. Ek kon vir die eerste keer vergifnis aanvaar. ’n Boodskap kom deur na my foon; my vriendin: “Jeremia 31:15-17.” God is groot! 

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top