Kan balans jou ‘n beter ma maak?

Kan balans jou ’n beter ma maak? 

“Om ’n gesonde balans tussen ’n suksesvolle loopbaan en ’n gelukkige gesin te vind, is uitdagend,” sê onderwyser en skrywer ZULÉKA SMIT.

God kan jou as ouer kalm maak

Daar is baie mense wat baie verskillende tegnieke het om die storms in hulle lewe aan te pak. Soos hulle in Engels sê: “To weather the storm.”

Ek kom deur my storms om God ’n vennoot te maak in my lewe. Om vir God 100% te vertrou in my lewe.

God moet jou as mamma ...

“Om ’n gesonde balans tussen ’n suksesvolle loopbaan en ’n gelukkige gesin te vind, is uitdagend,” sê onderwyser en skrywer ZULÉKA SMIT.

God kan jou as ouer kalm maak

Daar is baie mense wat baie verskillende tegnieke het om die storms in hulle lewe aan te pak. Soos hulle in Engels sê: “To weather the storm.”

Ek kom deur my storms om God ’n vennoot te maak in my lewe. Om vir God 100% te vertrou in my lewe.

God moet jou as mamma eers kalm maak voordat Hy die storms in jou lewe kan stil maak. Stel jouself oop vir Hom. Maak tyd vir Hom.

Wanneer dit rustig is, dan is dit ek tot God en God tot my. Dit is ons tyd. Dit is my alleentyd en dit is my stilraaktyd, net saam met Hom.

Vroeg in die oggend wanneer almal nog slaap en daar is nie: “Mamma, waar is my skoene. Mamma, waar is my boeke. Mamma, dit is vandag boekkarakterdag en ek moet ’n outfit dra skool toe.”

Wat is jou storm vandag in jou lewe?

Raak stil by God wanneer jy op jou laagste is en die Here roep. Wanneer jy die Here vra: Help my net, Here, ek kan nie meer nie. Daar is nie kos op die tafel nie. Ek kan nie meer al hierdie balle balanseer nie. My kind is ongelukkig. Sy kom hartseer van skool af by die huis.

Ek weet nie wat is fout nie, Here. Alles is net te veel.

In sulke stormtye gee God so baie vir ons om. Dis nie vir God lekker om te sien hoe jy deur storms gaan nie.

Die lekker van ma-wees is dat ons sterk is

Dit is nie vir God lekker om te sien hoe jy probeer om alles gelyk te doen nie.

Al wat God sê, is: Hou op vir die storms kyk en fokus op My. Word rustig. Ek sal jou nooit versaak nie. Ek sal jou nooit verlaat nie. Ek is saam met jou in hierdie storm.

God se plan vir jou het nog nooit verander nie. Al is die storm op jou pad en al is die storm hoe groot.

Sy plan vir jou was nog altyd dieselfde: Hy wil die beste vir jou hê.

Sy liefde en genade is so groot vir jou. Hy sal saam met jou deur die storm gaan. Fokus net op Hom en nie op die storm van al die balle gelyk in die lug probeer hou nie.

Dit is hoekom dit so ’n voorreg is om ’n mamma te wees. Dit is die heel grootste geskenk wat ek nog ontvang het in my lewe, die titel “mamma”.

Dit is vir my die mooiste as my kinders vir my roep: Mamma, kom help my. Mamma, kom kyk gou hierso. Mamma, ek verstaan nie die werk nie. Of selfs: Mamma, ek is honger.

Wat so lekker is van ’n mamma wees, is ons is sterk!

Sonder dat ons dit agterkom, klim ons daardie Everest uit wat onmoontlik gelyk het.

Jou Everest lyk dalk vandag so groot, so steil en so hoog, maar jy klim jou Everest tree vir tree. Ons het nie ’n keuse nie, jy moet dit net doen.

’n Gelukkige mamma is ’n goeie mamma

Jy kan ’n goeie mamma wees.

En jy kan ’n goeie werkende mamma wees. Jy kan albei doen sonder om skuldig te voel.

Een van die belangrikste lesse wat ek seker geleer het, was om te leer om nee te sê. Dit was vir my seker die moeilikste ding in my lewe.

Jy hoef nie ’n ja-en-amen-mamma te wees nie. Jy hoef nie op elke ding wat die skool jou vra om te doen ja te sê nie. Jy kan nee sê.

Weet jy wat is die lekkerste? Jy kan nee sê sonder om te motiveer hoekom jy nee sê, want nee is ook ’n antwoord.

Kyk mooi na jouself!

Jy is steeds ’n vrou met behoeftes. Jy wil ook mooi wees en jy wil ook ’n bietjie aandag aan jouself gee.

Dit is so belangrik dat ons onsself ook nie afskeep en onsself verloor langs die pad nie.

“You can’t pour from an empty cup!”

Hoe maak jy jou tenkie vol? Dalk iewers ’n koffietjie saam met ’n vriendin. Of om net Sondae rustig te sit in die kerk.

Dit is belangrik om jou tenkie vol te hou, want ’n gelukkige mamma is altyd ’n goeie mamma.

Deel die artikel

Méér artikels

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

“Jou werk as ’n Spreuke 31-vrou is om jou man met jou sterkpunte aan te vul,” sê voorkomskonsultant, skrywer en motiveringspreker ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER. God se ...

Scroll to Top