10 min. + baktyd 25 min.
6 mense
9 ryp koejawels
1 e olyfolie
fyn kaneel vir bo-oor sprinkel
6 groot eiers
2 e vanieljegeursel
2 e rou heuning
1 t sout
100 g amandelmeel
6 Ryvitas, gekrummel
½ t kaneel
1 e rou heuning om oor te sprinkel
- Sny die koejawels middeldeur, en braai in ’n warm pan met olyfolie tot goudbruin. Besprinkel met kaneel.
- Stel die oond op 200 °C.
- Berei ’n groot muffinpan voor met kleefsproei.
- Klits die eiers, vanieljegeursel, heuning en sout tot lig, en voeg dan die amandelmeel by. Roer goed.
- Gooi helfte van die eiermengsel eweredig in die 6 holtes van die muffinpan.
- Plaas 3 halwe koejawels in elke holte, en giet dan die res van die eiermengsel bo-oor sodat dit die koejawels bedek.
- Sprinkel Ryvita-krummels en kaneel oor en bedruip met rou heuning.
- Bak vir 25 minute.
- Laat effens afkoel en dien warm op.


