Kom los uit die groot moeg
- Self MENTOR
- Lynette Beer
Korttermyn-uitputting is nie ’n rede tot kommer nie. Maar wanneer uitputting chronies word, is dit tyd om die oorsaak te soek van die Groot Moeg.
Moegheid is nie ’n siekte nie, maar ’n simptoom.
Wanneer jy tam wakker word of in die middel van die dag nie meer ’n druppel energie oor het nie.
Partykeer is dit te verstane, soos ná ’n siekte, baie laat aande of iets soos ’n eksamen. Soms lê die rede by ons leefstyl. Die vier energie-diewe wat bydra tot voortdurende moegheid is eetgewoontes, te min oefening, stres en slaappatrone.
Eet jy te veel kitskos en te min vars groente, vrugte en gesonde proteïne? Miskien drink jy te veel koffie om wakker te bly of glase wyn om te ontspan.
As jy ’n roker is, rook jy dalk meer as voorheen. Of jou suikergebruik het toegeneem. Al hierdie “sondes” kan tot jou lae energievlakke bydra.
Gesonde oefening is ’n uitstekende manier om energie te kry, al verg dit inspanning. Deur 30 minute per dag of ten minste drie keer per week te oefen, doen jy jou ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Van kleins af soek ons almal na goedkeuring. Waak daarteen om nie so te vis vir erkenning dat jy van jou eie hartsbegeertes vergeet nie. ...
Om ligter deur die lewe te gaan moet jy begin om met ’n nuwe oog te kyk. Jou uitkyk beïnvloed immers jou woorde, dade en ...